Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Terug uit die dode: Nou't hy 'n 'opstandingsertifikaat'

Suid-Afrikaners is steeds besig om die gek te skeer met past. Alph Lukau van die Alleluia Ministries in Johannesburg wat ’n man “uit die dood opgewek het”.

’n Reddit-gebruiker het ’n “dood- en opstandingsertifikaat” gemaak wat lyk asof die departement van binnelandse sake dit amptelik uitgereik het.

Dié sertifikaat is vir Brighton Moyo, die man wat in ’n kis by Lukau se kerk aangekom en “opgewek” is.

Nadat Lukau vir hom gebid en met sy hande op hom gedruk het, het Moyo met sy mond oopgesper en sy oë starend in die niet regop gekom.

Die sertifikaat word op sosiale aangestuur, natuurlik met pittige kommentaar daarby.

’n Reddit-gebruiker sê dis duidelik fopnuus, want binnelandse sake sal nooit sy werk so vinnig doen nie.

“Die datum op die sertifikaat moet ten minste vier maande ouer wees,” het ’n gebruiker geskerts.

’n Ander gebruiker wou weet of iemand wat opgewek is sy lewensversekering kan eis, en wanneer daar ’n klousule teen opwekking bygevoeg sal word.

Die "dood- en opstandingsertifikaat" wat 'n internetgebruiker as 'n grap vir Brighton Moyo geskep het. Foto: Reddit

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.