Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Terugslae, knop in nek kry haar nie onder
Sanet Basson (17), ’n matriekmeisie in die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle in Limpopo, het nie toegelaat dat al die uitdagings in haar lewe haar onderkry nie.

’n 17-jarige matriekmeisie van die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle in Limpopo styg uit bo haar omstandighede.

Sanet Basson is as nege maande oue baba in pleegsorg geplaas omdat haar biologiese ouers geestelik ongeskik was om vir haar te sorg.

Op sesjarige ouderdom is haar pleegouers geskei en Sanet het by haar pleegma gebly.

Toe sy 14 was, het sy in die Abraham Kriel-kinderhuis beland nadat haar pleegma se lewensmaat haar mishandel het.

Tog meen Sanet dat sy vandag ’n sterker mens is.

Toe ek in die kinderhuis beland, was ek eers baie kwaad.

“Ek het nie toegelaat dat dit my onderkry nie.”

Deur dit alles het sy akademies só goed presteer dat sy universiteitstoelating en ’n beurs losgeslaan het om volgende jaar te studeer.

Maar behalwe om gr. 12 te voltooi, is daar nog een hekkie wat Sanet moet oorkom: ’n operasie om ’n groot knop in haar nek te verwyder.

Skaamte oor ’n groot knop
Die groot knop in Sanet se nek wat hopelik binnekort verwyder sal word. Dit het twee jaar terug aan die regterkant van haar nek ontwikkel en is bykans so groot soos ’n tennisbal.

’n Vertakte sist het twee jaar gelede aan die regterkant van haar nek ontwikkel en is bykans so groot soos ’n tennisbal.

Hoewel dit nie gewoonlik seer is nie, het sy onlangs weens ’n infeksie pyn ervaar.

“Dit was nogal baie seer vir my om skool te gaan en om af te kyk dat ek begin huil het, maar op die oomblik is dit nie seer nie. Dit is net baie ongemaklik wanneer ek slaap,” sê Sanet.

Sy erken sy is skaam oor die groot knop in haar nek. Meestal sal sy dit met haar lang dik bruin hare of ’n serp probeer wegsteek.

“In die winter is dit maklik om dit met ’n serp weg te steek, maar nie in die somer nie – veral nie by die skool nie,” sê Sanet.

Volgens Marlene de Villiers, bemarker van hierdie kinderhuis-tak, het die knop ook ’n invloed op Sanet se selfbeeld.

Sanet hoop dat die operasie, wat moontlik gemaak is deur Jacaranda FM se Good Morning Angels (GMA) op Breakfast with Martin Bester, voor haar matriekafskeid op 22 September kan gebeur.

Indien dit wel só gebeur, sal sy daardie dag met selfvertroue enige haarstyl kan dra wat sy wil.

’n Beurs wat wink
Sanet is dankbaar vir al die geleenthede wat die kinderhuis vir haar gebied het. Sy het ’n gedeeltelike beurs gekry om volgende jaar te gaan studeer.

Akademie is een van Sanet se sterkpunte en sy het reeds toelating by drie universiteite vir volgende jaar gekry.

Sy wil graag besigheidsbestuur aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Volgens De Villiers is Sanet ’n bo-gemiddelde presteerder en gevolglik het die kinderhuis vir haar ’n gedeeltelike beurs vir haar studies aangebied.

In die winter is dit maklik om dit met ’n serp weg te steek, maar nie in die somer nie – veral nie by die skool nie.

GMA, wat Woensdagoggende uitgesaai word, help ook met ’n verdere R10 000 om haar studies op die been te kry.

“Sanet is baie nederig en dit is wat haar ook só mooi mens maak,” sê De Villiers.

“Sy is gestuur om ’n verskil in ander se lewens te maak omdat sy nog steeds positief is en die wêreld in die oë kan kyk ongeag wat met haar gebeur het.

“Dit gaan hartseer wees om vir Sanet te laat gaan die einde van die jaar, maar ons deure is altyd oop vir al ons kinders. Dit is weereens baie lekker om ’n suksesverhaal te kan sien uit ons kinderhuis uit.”

Die lewe tot nou en familie
Sowat twee jaar gelede en ’n groot knop aan die regterkant van Sanet se nek ontwikkel. Sy steek dit weg met haar lang dik bruin hare of ’n serp.

Sanet beskryf haar lewe tot nou as uitdagend, maar voel terselfdertyd baie geseënd danksy die Abraham Kriel-kinderhuis.

“Hulle het regtig aan al my behoeftes en baie begeertes voldoen.

Sanet is baie nederig en dit is wat haar ook só mooi mens maak.

“Nie almal het die geleenthede wat ek nou het nie. As dit nie vir al die uitdagings was nie, sou ek nie alles bereik het wat ek nou het nie.”

Haar huismoeder, Adrie Nel, is die persoon na wie sy opkyk en wat haar staande hou.

“Toe ek in die kinderhuis beland, was ek eers baie kwaad. Ek het in God geglo, maar tannie Adrie het (Christenskap) meer aan my verduidelik en ’n beter insig gegee.”

Sanet het ’n broer wat ses jaar ouer is as sy. Hulle het kontak, maar sien mekaar min omdat hy in ’n ander dorp woon. Sy het ook nog kontak met haar biologiese ouers en haar pleegpa.

“My familie is altyd daar as ek iets nodig het, so ek is darem nie alleen nie.”

SMS die woord “FONDS” na 39236 om ’n verskil in Sanet of ander kinders in die Abraham Kriel-kinderhuis se lewens te maak. SMS’e kos R15.



Meer oor:  Limpopo  |  Modimolle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.