Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Terugslag vir Cheverné tydens operasie aan maag
Cheverné Duvenhage (13). Foto: Facebook

Cheverné Duvenhage (13), ’n gr. 8-leerling wat ernstig beseer is in die brugtragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark, het Saterdag ’n effense terugslag ervaar tydens ’n operasie aan haar maag.

Haar pa, Elardus, sê sy is Saterdag geopereer om gebreekte bene in haar voet te heg en om ’n laaste laag vel in haar maag te heg.

Cheverné se heupe en van haar rugwerwels is gebreek toe ’n loopbrug by die skool ineengestort het en op leerlinge geval het. Sy het ook inwendige beserings, onder meer aan haar nier, opgedoen. Verder het sy verskeie gebreekte bene in haar linkervoet.

Elardus het Saterdagaand by navraag gesê die operasie aan haar maag “het nie so goed gegaan nie”.

“Dit moes ’n eenvoudige operasie wees om ’n laaste lagie vel onder haar maag te heg, maar alles wat in ’n vorige operasie geheg is, het intussen losgeskeur.”

Hy sê dokters het ’n soort maasstof gebruik om die gehegte dele te versterk.

“Die dokter sê die grootste gevaar is dat daar nou infeksie intree weens dié maasstof,” sê Elardus.

Die voetoperasie het egter goed verloop.

“Die dokter het plate in haar voet gesit om die gebreekte bene oor die brug van haar voet in plek te hou. Vier van die vyf beentjies in haar voet is gebreek. Die dokters is baie tevrede met dié operasie.”

Elardus sê nog ’n stukkie goeie nuus is dat Cheverné nou met haar ouers kan praat nadat die asemhalingstoestel waaraan sy gekoppel was, Vrydagaand verwyder is.

“Sy is maar ’n bietjie geïrriteerd omdat sy nog nie vaste- of vloeistowwe mag inneem nie, maar ons is baie bly sy kan praat.”

Hy sê Cheverné sal na verwagting vir minstens nog ’n week in die waakeenheid van die Unie-hospitaal in Alberton deurbring.

Meer oor:  Brugtragedie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.