Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Terugslag vir seun ná ongeluk met motorfiets

Antonio Hechter, die matriekleerling aan die Hoërskool Zwartkop in Centurion wat Vrydagaand ernstig beseer is in ’n motorfietsongeluk, het Dinsdag ’n terugslag gehad en is aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel.

Hy word in die Kalafong-hospitaal behandel.

Antonio Hechter (18) van die Hoërskool Zwartkop in Centurion kan nog nie geopereer word nie omdat sy toestand nog kritiek is.Foto: Verskaf

Antonio moes Dinsdagmiddag aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel word omdat sy een long dreig om plat te val.

Hy het ook te vinnig asemgehaal, wat sy spiere moeg maak.

Al dié komplikasies het die hoop dat Antonio uiteindelik geopereer kan word, laat vervaag.

Buiten vir sy regterlong wat skade toon, is Antonio se bloeddruk ook baie wisselvallig. ’n Operasie in sy huidige toestand kan lewensgevaarlik wees.

Antonio se regterbeen en albei sy arms is sleg gebreek. Sy regterarm is op twee plekke gebreek. Van sy ribbes en rugwerwels is ook tydens die ongeluk beseer en hy het ’n haarbreuk aan sy pelvis.

Volgens Antonio se ma, Chantelle, slaap hy baie sedert hy aan die asemhalingsmasjien gekoppel is.

Sy was Woensdag by die hospitaal aan die sy van haar seun in die hoësorgeenheid.

Antonio kry sterk pynstillers vir die erge pyn. Dit is ook om te keer dat hy angstig raak en die suurstofpyp in sy keel voel en afbyt.

Antonio Hechter (18) voor sy ongeluk, toe hy pas sy motorfiets gekry het. Foto: Verskaf

Teen Woensdagmiddag was die vog in die beseerde long minder.

“Hy sal hier deurkom. Dit is net ’n klein terugslag,” sê Chantelle.

Berna Seddon, ’n Hoërskool Zwartkop-ouer wat as woordvoerder vir die Hechter-familie optree, het ’n fondsinsameling begin om Antonio se mediese onkoste te help delg.

Sy het mense bedank wat reeds ’n bydrae vir die familie gedoen het.

* Antonio was Vrydag om 22:00 saam met sy vriendin Kylan Kunzmann (16) op sy motorfiets op pad terug huis toe ná ’n geselligheid toe ’n voertuig voor hom glo ’n U-draai gemaak het en hy nie betyds kon uitswaai nie.

Die ongeluk het op die Ou Johannesburg-weg naby die Nellmapius-afrit in Rooihuiskraal gebeur.

Kunzmann is reeds vroeër in die week ontslaan en sterk tans goed tuis aan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.