Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Thabong vind baat by kospakkie-projek
Huishoudings wat deur kinders gelei word en bejaardes is van die honger mense in Thabong wat baat vind by kosprojekte. Hier is Dieketseng Mphuti (middel) wat alleen vir haar tienjarige boetie sorg, by die koördineer van die projek in Welkom, Mpho Putu van die departement van maatskaplike ontwikkeling.

Kospakkies ter waarde van R1 050 000 is as deel van ’n nasionale voedselverligting- en kospakkie-verspreidingsveldtog vroeër in Thabong, Welkom, uitgedeel.

Dít vorm deel van ’n nasionale voedingskema waarby 20 000 kospakkies in die nege provinsies uitgedeel gaan word. Hiervan word 5 000 in die Vrystaat uitgedeel.

Die Church of Jesus Christ of Latter-day Saints het ’n memorandum van verstandhouding met die nasionale departement van maatskaplike ontwikkeling onderteken, en het sowat R23 024 125 tot die veldtog bygedra.

Voluscore (Edms.) Bpk. bestuur die projek in samewerking met die nasionale en provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling.

Thabong is as een van die brandpunte vir kosvoorsiening in die Vrystaat geïdentifiseer.

Die Covid-19-pandemie, wat die land sedert 26 Maart in ’n inperkingsgreep het, het duisende mense landwyd honger en sonder kos gelaat.

“Soos Jesus van sy dissipels sou verwag, is hierdie kerk daartoe verbind om diegene te help wat dit die nodigste het.

“Ons het besluit om met die nasionale departement van maatskaplike ontwikkeling hande te vat om deur hul koördineringsprogramme vir voedsel- en voedingsekerheid diegene op die hoogste risikovlak te help,” sê Given Masetle, ’n woordvoerder vir die kerk.

Die veldtog word veral gemik op bejaardes, huishoudings wat deur kinders gelei word, vroue wat borsvoed en buitelandse burgers.

“Ons doel is om die koördinering tussen die kerk, die regering en gemeenskapsorganisasies deur kosverspreidingspogings te versterk en om uiteindelik diegene wat dit die nodigste het te help,” sê hy.

Sedert die begin van die inperking, wat baie gemeenskappe gedwing het om sonder ’n inkomste tuis te bly, vertrou mense op voedselskemas om te oorleef.

In ’n onlangse opname deur Statistieke Suid-Afrika is bevind dat mense sedert die begin van die inperking honger is. Die statistieke van mense wat hongerly het in dié tydperk van 4,3% tot 7% gestyg, wat ’n aanduiding is dat die voedselonsekerheid in die land weens die Covid-19-pandemie toeneem.

Meer oor:  Welkom  |  Voedingskema  |  Kospakkies  |  Projek  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.