Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘The Bachelor’: DA gevra om in te gryp oor ‘teistering’

Marc Buckner, ster van The Bachelor SA se tweede seisoen, het verlede maand na die DA uitgereik om oor “kuberafknouery en -teistering” deur Phumzile van Damme, nou ’n voormalige DA-LP en die halfsuster van Qiniso van Damme, te kla.

Qiniso van Damme

Qiniso, ’n model en aktrise, was in die seisoen waarin Buckner verskyn het, maar is huis toe gestuur. Daarna het sy haar eie reis na liefde begin op The Bachelorette SA, wat verlede week geëindig het.

“Ek is nie op Twitter nie en het hom gevra om die inligting op ’n ander manier aan my te stuur,” sê Natasha Mazzone, DA-hoofsweep.

Phumzile van Damme Foto: Gallo Images

“Van Damme het ’n doktersbrief gestuur en daarom was ek nog nie in kontak met haar toe sy bedank het nie.”

Mazzone sê verder dit is ’n persoonlike saak tussen Van Damme en Buckner.

“Ek vertrou dat hy die stappe sal doen wat hy nodig ag. Van Damme val nie meer onder die tugprosedures van die DA se parlementêre koukus nie aangesien sy nie meer ’n lid is nie.”

Buckner het in ’n reeks video’s op Instagram gesê hy en sy maat, Marisia van Wyk, word “gedreig deur ’n familielid van iemand op die program” wat “baie, baie kwaad is”. Hy sê “dit het begin toe ek in die vorige seisoen was en dit het net aangehou”.

Hy het geïnsinueer dat die beweerde teistering ook begin het nadat aanhangers hom en Van Wyk gevra het of hulle meen dat Qiniso vir roem op die program is. Dit was min of meer dieselfde tyd toe The Bachelorette die eerste keer uitgesaai is.

Hy het gesê: “Dit is baie interessant dat dit opgehaal word. Ek weet nie, wat dink julle ouens?”

Marc Buckner en Marisia van Wyk op ’n vraag-en-antwoord-sessie op Instagram. Foto: Skermgreep

In ’n latere video het nog ’n aanhanger hom dieselfde ding gevra en hy het skertsend ’n pot geroer en gesinspeel op die Engelse uitdrukking “stirring the pot”.

Buckner en Van Wyk het ook in latere video’s opmerkings gemaak oor Qiniso se kleredrag en dat dit “vreeslik kaal” is, en gesê hulle stem saam met aanhangers dat haar optrede teenoor sommige mans op die program “gedwonge” voel.

Van Damme het in ’n reeks twiets uitgevaar en vir Buckner gesê hy moet sy “mond van haar suster afhou”.

“Dit lyk of jy nogal baie oor my suster te sê het,” sê Phumzile. “Kom ons stel ’n paar feite reg. Jy is glad nie ’n kenner oor my suster wat aan die publiek ‘insig’ oor haar kan gee nie.

“Jy sê sy was vals en jy hou aan met die vals narratief. Jy ken haar nie. Ek ken haar my hele lewe lank en weet wie sy is, en dat sy 100% eg is. Los my suster uit en fokus op jou eie lewe. Sy praat nooit oor jou en maak jou naam sleg nie.

“Val haar karakter aan en ek sal jou aanval. Vir seker. Fokus op jou en Mariska (sic).”

Buckner het geantwoord: “Dis onnodig om te dreig, veral vir ’n politikus. En wat het ek van Qiniso gesê?”

’n Twiet van Marc Buckner.

Sy het geantwoord: “Nee, dit gaan nie oor my beroep nie, dis persoonlik, dit gaan oor my familie. Ek sal kom vir jou net soos ek vir enigiemand sal kom wat vir my familie kom. Is ons nou klaar?”

Buckner voer aan hy is daarna  op sosiale media verder geteister via vals rekeninge wat hy beweer aan Van Damme behoort. Hy wou nie verder daaroor uitwei nie.

Van Damme het gesê: “Ek het nie tyd vir Marc Buckner en sy slagoffermentaliteit nie. Hy lieg. Hy het ’n hele seisoen deurgebring waarin hy probeer het om my suster in ’n swak lig te stel. Ek gaan my nie steur aan ’n desperate en vals verskoning deur ’n man wat so smag na aandag en Instagram-borgskappe dat hy homself as ’n slagoffer wil voorhou, terwyl hy weet wie hy regtig is nie.”

Toe Marc Qiniso destyds in die program huis toe gestuur het, het hy laat deurskemer dat hy twyfel oor haar en nie seker is of haar bedoelings opreg is en of sy net voorgee nie. Die ander vroue het toe gesê hulle dink sy is net vir die publisiteit op die program.

Voordat hy self besluit het om spore te maak, het Dylan, een van die mans wat in die program by Qiniso vlerk gesleep het, ook gesê hy dink sy kom vals voor.

M-Net het Donderdag gesê Qiniso is nie beskikbaar vir kommentaar nie.

* Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  The Bachelor Sa  |  Qiniso  |  Marc Buckner  |  Teistering  |  Kla
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.