Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Craig van The Voice se ma: 'Ek het báie gehuil!'
’n Hoogs emosionele Craig Lucas (24) van Elsiesrivier in Kaapstad. Hy is gisteraand aangewys as die tweede wenner van M-Net se The Voice SA. Josh Ansley (31), oorspronklik van Zimbabwe, is die naaswenner. Die Bloemfonteiner Caroline-Grace Brüssow en Samantha Leonard was ook in die topvier. Foto: Simon Sonnekus

Trane van blydskap het gevloei toe die 24-jarige Craig Lucas van Elsiesrivier in Kaapstad Sondagaand aangewys is as die tweede algehele wenner van die The Voice SA, wat die afgelope 24 Sondae op M-Net uitgesaai is.

"As dít is hoe Johannesburg lyk, kan ek nie wag om Elsiesrivier te kom nie," het Lucas aan Netwerk24 gesê. "Dit het nog nie ingesink nie. Dit sal eers insink wanneer ek vanaand in my bed lê."

Lucas se ma, Jenny Lucas, het gesê: “Ek het nie net bietjie gehuil nie, maar báie. Ek het gesukkel om my emosies te beheer. Ek weet nie wat om te sê nie, daar is nie woorde vir hoe ek nou voel nie.” 

Lucas sê hy kan nie glo soveel mense het vir hom gestem nie. "Dit is wonderlik om te dink ek is Suid-Afrika se gunsteling. Baie, baie dankie!”

Hy gaan dadelik begin dink aan wat hy vir sy album kan skryf en opneem, sê hy. Ek skryf vir mense en ek skryf oor mense. As ek iemand interessant sien, skryf ek oor daardie persoon."

Volgens hom is The Voice die perfekte platform vir jong kunstenaars. "Hulle bou jou op en maak jou beter.” Lucas het twee weke gelede uit sy werk as modebeplanner in Kaapstad bedank om sy droom te volg om ’n professionele sanger te word.

Hy het vroeër vertel dat dit die wens van sy ma, ’n enkelouer, was dat hy eers ’n graad verwerf om op terug te val voordat hy sy droom gaan nastreef.

Lucas se afrigter in The ­Voice SA, Kahn Morbee, was net so in sy noppies met sy oorwinning, want dit was boonop die tweede opeenvolgende jaar dat sy kandidaat wen.

Verlede jaar is Morbee se “stem”, Richard Stirton, as die eerste wenner van die reeks aangewys.

Lucas het op ’n mediakonferensie ná die opname gesê hy is steeds oorstelp oor die uitslag.

Hy het nie vir een oomblik gedink dat hy gaan wen nie en selfs toe sy naam uitgeroep word, het hy getwyfel of hy reg gehoor het, het hy gesê.

Meer as 1,6 miljoen stemme is die afgelope week getel.

Hy het met die eerste vier regstreekse opnames by die Mosaïek-teater in Fairland, Johannesburg, ’n erge sinusinfeksie gehad en baie getwyfel in homself.

“Ek is nie ’n ou wat maklik kanse vat nie,” sê hy.

“Hierdie was verreweg die grootste kans wat ek in my ­lewe geneem het en ek is nie vir ’n oomblik spyt nie.”

Meer as 1,6 miljoen stemme is die afgelope week getel.

Die vier topdeelnemers was Josh Ansley (31), wat algeheel tweede geëindig het, Caroline-Grace Brüssow (31), en Samantha Leonard (24).

Deloitte Touche sal die finale stemstatistieke later die week bekendmaak.

Benewens ’n CD-kontrak van Universal Music in Suid-Afrika, ontvang Lucas R250 000 kontant van Dialdirect, ’n Gear S3-slimhorlosie, ’n Galaxy S8-slimfoon van Samsung, ’n Gear VR-bril, ’n 360-kamera, ’n Gear iconiX-stel en ’n ks9500 SUHD- TV, ’n Subaru Impreza 2.0 Premium CVT en R100 000 se klere van Truworths.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.