Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Theo Bekker vra kinders om ‘altyd humorsin te behou’

Oral waarheen Theo Bekker (63) gegaan het, het hy onmiddellik mense se lewens verander.

“Hy het ’n baie unieke sin vir humor gehad en van sy laaste woorde aan my en my suster was dat ons dit nooit moet verloor nie. Ons gaan sy glimlag en sy sin vir humor verseker mis,” sê Bekker se oudste kind, Coenraad.

Theo BekkerFoto: VERSKAF

Bekker het in prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), se kantoor as die direkteur van strategiese projekte gewerk.

Hy was ’n baie avontuurlustige man wat altyd die wêreld rond wou reis en verskillende lande wou beleef.

Bekker, wat op 30 Maart 1955 gebore is, is Woensdag ná ’n kort siekbed in die Netcare Pretoria-Oos-hospitaal dood.

Hy is op 11 Desember na die hospitaal gebring as gevolg van simptome van ’n ligte beroerte. Die volgende dag is ’n biopsie gedoen.

Op 4 Januarie is fase 4-breinkanker by hom gediagnoseer en ’n paar dae later is hy dood.

Volgens Coenraad was sy pa ’n gebore leier en onderhoofseun van die Hoërskool Jan de Klerk op Krugersdorp.

Hy het direk ná sy studies begin werk by die Universiteit van Pretoria en latere jare aangesluit by die NWU.

Bekker laat nog ’n seun, Theo, ’n dogter, Carina Smit, en drie kleinkinders agter.

“En ongelooflik baie vriende,” sê Coenraad.

Bekker word ook oorleef deur sy eie pa, Coenraad sr.

Kgwadi het vroeër gesê Bekker was ’n man wat sy werk met oorgawe gedoen het en sy afsterwe is ’n “groot verlies” vir die NWU.

“Bekker was iemand wat sy werk met passie aangepak het en altyd meer gedoen het as wat daar van hom verwag is,” sê Kgwadi. Hy het namens die universiteit sy medelye met Bekker se familie betuig.

Bekker se roudiens vind volgende Vrydag (18 Januarie) omstreeks 10:00 plaas vanuit die NG gemeente Tygerpoort in Shere, Pretoria.

Meer oor:  Huldeblyk  |  Breinkanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.