
Tien mense het Sondagmiddag in ’n ongeluk op die N1 suid naby die Buccleuch-wisselaar naby Johannesburg gesterf. Foto: Twitter/David Tembe
Tien mense is Sondag in ’n ongeluk by die Buccleuch-wisselaar op die N1-suid in Johannesburg dood. David Tembe, hoof van die metropolisie in Johannesburg, het foto’s van die ongeluk op Twitter gedeel.
’n Minibustaxi het teen die beton-skeidingsmuur tussen die noordelike en suidelike snelweë beland. Die dak van die voertuig is oopgeruk en die regterkant is amper onherkenbaar beskadig.
Wrakstukke was oor verskeie bane van die snelweg versprei. Twee bane was vir verkeer gesluit en het tot kwaai ontwrigting gelei.
Die omstandighede wat tot die ongeluk aanleiding gegee het, is nog nie in dié stadium duidelik nie.