SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Tiener (15) sterf in rugbywedstryd op Villiersdorp
Benwill Adelaar (15) Foto: Facebook

’n Tienerseun is Donderdag dood nadat hy ’n besering opgedoen het in ’n rugbywedstryd in Villiersdorp in die Wes-Kaap. Dit was na bewering ’n nekbesering.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het Donderdagaand gesê ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen om die oorsaak van Benwill Adelaar (15) se dood te bepaal.

Kenneth Dunsdon, skoolhoof van Albert Myburgh Secondary School op Bredasdorp in die Overberg, waar Benwill ’n leerling was, het die voorval Donderdagaand bevestig.

Volgens Dunsdon was die o.15A-span wedstryd teen Villiersdorp Sekondêr en het Benwill die besering tydens die spel opgedoen. Dit is nog nie bekend wat presies gebeur het nie.

“Dit is ’n baie hartseer dag vir ons almal,” sê Dunsdon. “Die polisie was vanmiddag daar en het die toneel afgesper. Forensiese toetse is ook gedoen.”

Vriende en kennisse het Donderdagaand hulde aan Benwill gebring.

Volgens Dunsdon het Benwill vir ’n kort rukkie behandeling ontvang nadat hy die besering opgedoen het, maar het hy daarna aan sy beserings beswyk.

Benwill se spanmaats het ná die voorval in ’n kring op die veld gekniel, elkeen op een knie, om hul respek te toon.

Dunsdon sê Benwill se ma is tans in die Otto du Plessis-hospitaal in Bredasdorp. Die hospitaal het dit bevestig en gesê sy is in die kraamsaal en baie ontsteld nadat sy die nuus ontvang het. Sy wou nie met die media praat nie.

Die laerskool waar Benwill voorheen ’n leerling was, Ouplaas Primary School naby Bredasdorp, het Donderdagaand ’n foto van Adelaar op Facebook gedeel en daarby geskryf: “Rus in vrede, Benwill. Ons sal jou altyd onthou. Sterkte aan sy ouers en familie.”

Dunsdon sê die skool het lank voor die ongeluk ’n oueraand vir Donderdag gereël en dit kon nie afgestel word nie.

“Ons moet nou al die ouers van sy dood in kennis stel. Dit sal moet voortgaan,” het Dunsdon voor die aanvang van die aand gesê.

Hy het verder gesê die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) sal later ’n volledige verklaring oor die voorval uitreik. Bronagh Hammond, WKOD-woordvoerder, kon Donderdagaand nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Villiersdorp  |  Rugbywedstryd  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.