Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dano uit waakeenheid ná nekbesering op rugbyveld

Ná sewe weke in die waakeenheid het die matrikulant van die Hoërskool Brandwag in Uitenhage wat sy nek op ’n rugbyproewe beseer het, vir die eerste keer weer sonlig gesien.

Dano Swart (18)

Dano Swart (18) het op 7 Mei op die provinsiale rugbyproewe in Port Elizabeth laas die son gesien. Hy het op dié dag ná ’n duikslag van sy teenstander op die rugbyveld bly lê en is na ’n hospitaal gehaas. Hy was 52 dae lank in die waakeenheid voordat hy verlede week na die hoësorgeenheid oorgeplaas is en weer die son kon sien skyn.

“Dit het hom emosioneel so goed gedoen. Dit is ’n heel ander omgewing. Hy is ook nie meer van die asemhalingsmasjien afhanklik nie,” het Sanet Swart, Dano se ma, Maandagmiddag gesê.

Verdere goeie nuus vir die gesin is dat samesprekings vir sy rehabilitasie by die Aurora-hospitaal begin het. Planne dat hy hom reeds vandeesweek by dié hospitaal sou aanmeld, is in die wiele gery toe een van Dano se longe weer probleme gegee het. Ná verdere ondersoek was die dokter egter tevrede dat hy gereed is om met die volgende stap op sy herstelpad te begin.

Hy het steeds geen gevoel in sy onderlyf nie, maar Swart is hoopvol dit sal mettertyd by Aurora verander. Dano behoort hom teen volgende week reeds vir dié intense rehabilitasie aan te meld.

* Die fondsbesonderhede is:

Dano Swart Ondersteuningsfonds NPC201925640508.

Bank: Nedbank

Takkode: 198765

Tjekrekeningnommer: 1190525437

“Hy (Dano) was ’n bietjie teleurgesteld dat hy nie nou al daar kan wees nie, maar hy sien baie daarna uit om binnekort daarheen te gaan.”

Swart sê hoewel haar seun enkele sessies arbeids-, fisio- en spraakterapie in die hospitaal ontvang, is die toerusting en geriewe by Aurora veel beter vir sy rehabilitasie ingerig.

“Dano werk reeds nou al hard, hy is smiddae skoon uitgeput. Ons besef dit is ’n baie moeilike tydperk wat nog voorlê, maar hy is positief.”

Afhangend van sy vordering, sal Dano minstens 16 weke by die rehabilitasiehospitaal deurbring.

Swart sê die familie kry steeds baie ondersteuning vanuit die gemeenskap met talle mense wat ’n bydrae wil maak.

“Ons is baie dankbaar vir elkeen wat aanhou bid, want sonder gebede en die Here se hand sou ons dit nie kon doen nie. Die gemeenskap se liefde, hulp en omgee is regtig oorweldigend,” sê sy.

“My broer, Samuel, het ook ’n fonds vir Dano gestig. Dit is nie net vir nou nie, maar vir later wanneer hy iets in die toekoms benodig.

Meer oor:  Hoërskool Brandwag  |  Dano Swart  |  Uitenhage  |  Nekbesering  |  Rugbyspeler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.