Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tiener van VSA beseer been in Robberg-reservaat
’n 16-Jarige seun van Miami is by die Robberg-natuurreservaat, Plettenbergbaai, deur bemanningslede van die NSRI te hulp gesnel. Foto: NSRI

’n Amerikaanse tiener (16) wat sy been tydens ’n staptog in die Robberg-natuurreservaat by Plettenbergbaai in die Suid-Kaap, beseer het, is Woensdag deur lede van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) te hulp gesnel.

Marc Rodgers, NSRI-stasiebevelvoerder in Plettenbergbaai, sê bemanningslede is Woensdag om 17:19 na die reservaat. Hulle het van die parkeerterrein na die suidekant van Eilandstrand gestap waar hulle die 16-jarige seun aangetref het.

Hy is met ’n draagbaar na die seereddingsvaartuig geneem en na die NSRI se kantoor gebring. Hy is in die hospitaal behandel en later ontslaan.

Die tiener van Miami was deel van ’n Amerikaanse toergroep wat ’n staptog in die reservaat onderneem het. Luidens Rodgers het die NSRI die oorblywende 42 stappers en sewe werkers wat saam met die toergroep was, gehelp om veilig tot by die natuurreservaat se parkeerterrein te kom.

Meer oor:  Plettenbergbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.