Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tieners beledig kelner, los R4-fooitjie

’n Saak van crimen injuria word teen drie tienerseuns ondersoek wat die afgelope naweek ’n neerhalende opmerking vir ’n kelner by ’n Spur-restaurant op ’n kwitansie agtergelaat het.

Die Las Vegas Spur Steak Ranch in die Hemingways-winkelkompleks in Oos-Londen het die voorval bevestig en sê dat hulle berading aan een van hul werkers bied wat Vrydag aan die ontvangkant van dié rassistiese voorval was.

Volgens die restaurant het die seuns ’n neerhalende opmerking op ’n kwitansie ná hul ete vir ’n kelner gelos. Hul het ’n R4-fooitjie agtergelaat met die woorde “tip for hungry Africans”.

Die bestuur van die restaurant het die optrede ten sterkste veroordeel en sê dat hulle die aangeleentheid in ’n ernstig lig beskou. Xolani Mbato, die 24-jarige kelner, het aan die Daily Dispatch gesê dat die tieners hom van die begin af uitgetart het.

“Toe ek hul kos bring het hul snaakse opmerkings gemaak. Hulle het my ook gevra om die skyfies te eet en toe ek by hulle wou weet of ek dan honger lyk het hulle uitgebars van die lag,” sê Mbato.

Kapt. Mluleki Mbi, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.