Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gifstowwe: Tiener sterf maand ná suster

Die tienerseun van Port Elizabeth wat desperaat aan die lewe geklou het nadat hy en sy gesin glo in hul slaap dodelike gifstowwe ingeasem het, het gesterf.

Matthew Ingram (17) het Saterdag sy laaste asem in die Greenacres-hospitaal uitgeblaas.

Sy dood kom minder as ’n maand na die dood van sy suster, Tammy Ingram (12), en die hospitalisering van sy ouers, Stanton en Selina.

Die Ingram-gesin het in Augustus onder raaiselagtige omstandighede in die hospitaal beland, toe al die lede van die gesin ernstig siek geword en begin braak het.

Tammy het haar ouers die aand toe hulle hospitaal toe gehaas is wakker gemaak om vir hulle te sê dat sy nie lekker voel nie.

Aanvanklike bespiegelings oor ’n gaslekkasie in die gesin se huis is gevolg deur bewerings dat een van die huise in die woonkompleks naby die Ingram-gesin gefumigeer is die dag voordat hulle siek geword het.

Matthew Ingram is ’n maand ná sy suster Tammy dood. Foto: Facebook

Inwoners van die duplekswooneenhede waar die gesin woon is blykbaar gewaarsku om die wooneenheid te ontruim, maar die Ingram-gesin was glo nie hieroor ingelig nie.

Honderde inwoners wat vir die gesin se welstand begin bid het na hul ontbering het hul skok, hartseer, en medelye uitgespreek teenoor die familie.

Natalie Chetty Naidoo, ’n familielid wat ’n fondsinsamelingsveldtog gestig het vir die familie, en wat talle besorgde persone op hoogte gehou het oor Matthew se toestand, het Saterdag gesê: “Ons kosbare Matthew het vanmiddag die hemel betree. Ons het op die oomblik nie die woorde om ons hartseer te beskryf nie.

“Ons kan nie sin maak van dit alles nie, maar God weet en hy is in beheer. Al wat ons kan doen is om te berus by die wete dat hy vrede het, sonder enige lyding, in sy Hemelse woning.”

Die Westering High School, waar Matthew ’n leerling was, sê hulle is verpletterd na die nuus van sy dood, en dat al die leerlinge en die onderwyspersoneel hom baie gaan mis.

Ons kan nie sin maak van dit alles nie, maar God weet en hy is in beheer. Al wat ons kan doen is om te berus by die wete dat hy vrede het, sonder enige lyding, in sy Hemelse woning.

Met Tammy se sterfte is ’n toksikologiese verslag aangevra, want die oorsaak van haar dood kon nie deur ’n lykskouing bepaal word nie.

Daar is voorheen berig dat monsters van Tammy se bloed, sowel as haar en Matthew se klere en die forensiese bewyse wat binne hul huis gevind is, na ’n laboratorium in Pretoria gestuur is vir ontleding.

Die uitslae van die toksikologiese verslag is nog nie bekend nie.

Meer oor:  Matthew Ingram  |  Port-Elizabeth  |  Sterf  |  Seun
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.