Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Titus onthou vir pogings om Afrikaans uit te bou

Dr. Danny Titus, voormalige uitvoerende hoof van korporatiewe aangeleenthede by die ATKV, het ’n reuse-rol gespeel in die taal- en gemeenskapsdiens in die land, sê Alana Bailey, hoof van kulturele sake by AfriForum.

Titus het in Mei vanjaar uitgetree by die ATKV en is Vrydag dood nadat hy lank in ’n koma was ná komplikasies ná ’n oogoperasie op 28 Julie.

Bailey sê hy sal onder meer onthou word vir sy kommentaar op aktuele sake, sy insette vir die bemagtiging van die bruin gemeenskap en sy pogings om Afrikaans uit te bou.

Dr. Danny TitusFoto: Verskaf

Terwyl hy as kommissaris van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) gedien het, het hy ’n omvattende ondersoek gelei na plaasaanvalle.

Ná ’n reeks landwye verhore het die MRK in 2015 ’n breedvoerige verslag uitgereik met voorstelle, en dit ook onder die aandag van die parlement en alle relevante staatsdepartemente gebring.

“Toe die verslag uitgereik is, was dr. Titus se opregte kommer oor plaasbewoners opmerklik. Hy het gesê die regering en politici moet sterker optree teen plaasaanvalle,” skryf Bailey.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê hy het Titus leer ken as “’n innemende, rasionele mens wat hom kon handhaaf in moeilike, emosionele situasies en wat baie empatie en begrip kon toon vir omstandighede, maar steeds rasionele besluite in moeilike situasies kon neem”.

Dr. Ivan Meyer, tussentydse federale voorsitter van die DA, sê Titus was ’n groot gees wat diep spore in die regs- en kultuursfere getrap het.

“Dr. Titus laat ’n leemte as historikus, meningsvormer en mensch wie se handel met sy medemens deurspek was met respek en deernis.

“Ons innige meegevoel aan dr. Titus se familie, vriende en kollegas.”

Meer oor:  Danny Titus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.