Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Titus steeds in koma ná operasie

Dr. Danny Titus (63), voormalige direkteur van kultuur van die ATKV, se toestand is onveranderd sedert hy einde Julie ’n oogoperasie ondergaan en komplikasies ingetree het.

Hy is op 28 Julie geopereer om ’n katarak en bloeding te verwyder.

Sy hart het ná die operasie in die herstelkamer gaan staan.

Dr. Danny Titus Foto: Argief

Hy is sedertdien in ’n koma in die waakeenheid van die hospitaal.

Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV, het vroeër vandeesmaand by navraag gesê Titus se toestand is stabiel en Woensdag laat hoor dat sy toestand onveranderd is.

Sy dogter, Dalene Titus, het Woensdag gesê dat die familie geen verdere besonderhede oor sy toestand bekend maak nie.

Sy het vroeër gesê haar pa “moet nou op sy eie tyd wakker word” en gevra dat mense hom in hul gebede hou.

Titus het nog ’n dogter, Neriska.

Hy woon in Roodepoort en het sy vrou, Lynda (57), sewe jaar gelede ná ’n lang stryd teen kanker verloor.

Titus het einde Mei ná 12 jaar by die ATKV afgetree.

Hy is tans die voorsitter van die DAK Netwerk, ’n organisasie wat hom beywer vir die ontwikkeling van en navorsing oor voorheen benadeelde Afrikaanse gemeenskappe.

Meer oor:  Danny Titus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.