Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
TLU verwerp JHB-dialoog oor grond

Die boere wat hul grond wettig besit, sal self oor die status van hul grond besluit en raak nou moeg daarvoor dat ander rolspelers buite die landboubedryf voorskriftelik probeer wees oor wat met landbougrond moet gebeur.

Louis Meintjes, TLU SA se president, het Maandag in ’n verklaring gesê geen voorstel of ooreenkoms sal wettig of aanvaarbaar wees as boere as die hoofrolspelers nie deel vorm van so ’n gesprek nie.

Louis Meintjes van die TLU SA sê boere is moeg daarvoor dat belanghebbendes buite landbou aan hulle wil voorskryf wat met landbougrond moet gebeur.Foto: TLU SA

Die TLU SA sê hy het ter elfder ure kennis geneem van die Nasionale Forum vir Dialoog se konferensie oor onteiening sonder vergoeding wat Dinsdag en Woensdag in Johannesburg gehou word.

Die TLU is eers nadat hy navraag gedoen het, na die konferensie genooi, maar hy sal dit nie bywoon nie omdat die integriteit van die konferensie ernstig bevraagteken word.

Meintjes sê die vertrekpunt is ’n veralgemeende stelling dat grond deur kolonialisme of apartheid van swart mense gesteel is.

“TLU SA bepleit al lank ’n konferensie oor die geskiedenis van grondbesit waar alle bewyse oor grondbesit op die tafel geplaas word. Die versoek vind geen gehoor nie, want die regering is skynbaar te bang om die feite te hoor, wat waarskynlik gaan insluit dat swart mense dan net so min reg op die grond het,” sê Meintjes.

“Die nuutgeskepte leuen dat landbouers grond gesteel het, moet nou oopgevlek word, sodat die geskiedenis eens en vir altyd geboekstaaf kan word en die toekoms sonder enige onsekerheid oor hierdie aangeleentheid aangedurf kan word.”

Moody’s se verslag het verlede week daarop gewys dat daar beleidsekerheid in die land moet kom.

Geen persoon of instansie het die reg om namens iemand anders se wettige eiendom te besluit oor die moontlike afstaan daarvan nie.

Meintjes sê landbou vra reeds lank daarvoor, maar die beleidsonsekerheid oor landbou en grondbesit word daagliks groter, veral omdat niemand meer met sekerheid kan sê of die owerheid nog tot private besitreg en die vryemarkstelsel verbind is nie.

Hy sê dit lyk eerder asof die ANC besig is om geleidelik na sosialisme en kommunisme te beweeg.

Meintjes het aan die organiseerders van die konferensie gesê niemand, ook geen ander landbou-organisasie, het die mandaat om namens TLU SA-lede te praat nie. Dit sluit die boere in wat nie by georganiseerde landbou betrokke is nie.

“Dit is absoluut belaglik en selfs uiters arrogant dat ’n groep mense ’n konferensie hou oor landbouers se besitreg sonder om landbouers daar teenwoordig te hê. Geen persoon of instansie het die reg om namens iemand anders se wettige eiendom te besluit oor die moontlike afstaan daarvan nie.”

Meer oor:  Tlu Sa  |  Louis Meintjes  |  Johannesburg  |  Plakkers  |  Landbougrond  |  Konferensie  |  Besetting  |  Gronddebat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.