Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Toeris sterf ná kameelperd-ongeluk in wildtuin
Die jong kameelperd lê dood naby die gehuurde safari-voertuig. Foto: Bernhard Bekker/Facebook

Die Switserse toeris wat erg beseer is in ’n ongeluk in die Krugerwildtuin toe ’n taxi ’n kameelperd doodgery het, is Woensdag in die Milpark-hospitaal in Johannesburg dood.

Die man, wat as Roland Koller geïdentifiseer is, is kritiek beseer toe die kameelperd op sy gehuurde safari-voertuig beland het nadat die minibus die dier Sondag raak gery het.

Sanparke het in ’n verklaring gesê die Switserse konsul-generaal het bevestig Koller het aan sy beserings beswyk.

Daar was 13 dagbesoekers in die minibus wat in die teenoorgestelde rigting gery het toe dit die kameelperd getref het.

Die kameelperd het aan die bestuurderskant op die dak van die safari-voertuig te lande gekom en het op die toneel gevrek.

Twee passasiers in die minibus is ook lig beseer en op die toneel behandel.

Koller en sy metgesel, Barbara Wyss, is na die Nelspruit MediClinic gebring vir behandeling, waarna Koller oorgeplaas is na die Milpark-hospitaal.

“Ons betuig ons innige meegevoel aan sy familie en ons wens hulle sterkte toe in die moeilike tyd,” het die Krugerwildtuin in ’n verklaring gesê.

Volgens Sanparke is ’n saak intussen in Phalaborwa geopen en die polisie ondersoek die voorval.

“Sanparke toon geen verdraagsaamheid teenoor spoedvrate in die wildtuin nie en ons doen ’n beroep op mense om die ondersoekproses te respekteer. Ondersteuning word aan die oorledene se familielede gebied en Sanparke is in kontak met sy lewensmaat en seun.”

Brigadier Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die Phalaborwa-polisie, het bevestig hulle ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur, maar het bygevoeg die klag mag verander na strafbare manslag.

Manuel Irman, woordvoerder van die Switserse ambassade, het bevestig dat die Switserse burger oorlede is en sê die ambassade bied ondersteuning aan sy geliefdes.

’n Omstander kyk hoe die ernstig beseerde man behandel word.Foto: Verskaf

Meer oor:  Krugerwildtuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.