Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Toeris verdrink glo naby Umhlanga

’n Kongolese toeris het waarskynlik Sondag noord van Bronze-strand by Umhlanga Rocks in KwaZulu-Natal verdrink.

Volgens omstanders het die man saam met sy vrou geswem toe hy onder die water verdwyn het.

Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê die verdrinking het omstreeks 09:00 gebeur by ’n gebied waar mense nie mag swem nie.

“Ons neem aan hy het verdrink, omdat hy nou al so lank onder die water is. Die polisie gaan die soektog voortsit,” het Herbst gesê.

Meer oor:  Toeris  |  Verdrink  |  Kwazulu-Natal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.