Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Toeriste se stoomrit ontspoor tydelik in Vrystaat
’n Stoomlokomotief en trein met 50 buitelandse toeriste was die afgelope naweek by Gumtree in die Vrystaat gestrand. Foto: VERSKAF

’n Stoomtrein met sowat 50 buitelandse stoomtrein-geesdriftiges aan boord was Saterdag en Sondagoggend tussen Ficksburg en Bloemfontein gestrand gelaat nadat hul toer tydelik deur Transnet gestaak is.

Die oorgroeide spoorlyn, wat glo nie deeglik geïnspekteer is nie, het die rit onveilig gemaak.

Die stoomlokomotief en trein wat op ’n takspoorlyn by Gumtree gestrand was, is Sondagmiddag met ’n diesellokomotief na Ficksburg teruggesleep.

Die trein sou die afgelope naweek van Ficksburg na Modderpoort en Thaba Nchu ry.

Die toeriste kan weens ’n gebrek aan tyd ook nie meer ’n dag lange toer na Kimberley meemaak nie.

Clive Holliday, voorsitter van Reefsteamers wat die toer georganiseer het, sê hulle is teleurgesteld, maar Transnet was baie behulpsaam om die ongerief te vergemaklik.

Transnet is besig met groot planne om stoomtreintoerisme in die Vrystaat te bevorder. Dit kan baie werksgeleenthede skep.
Transnet-woordvoerder

“Transnet is ook besorg oor veiligheid. Dit is darem nie die einde van die wêreld nie. Die grootste deel van die toer is verby. Ons sien net nie die gedeelte tussen Gumtree en Bloemfontein en Kimberley nie.

“Ek moet die passasiers vir hul geduld en begrip bedank. “Die toer was wonderlik en almal is gaande oor die pragtige landskap. Ons sal weer die toer aanpak, en dit ook meer gereeld doen. Die laaste toer op dié roete was in 2015.”

Vanaf Ficksburg sal die stoomtrein die treinwaens tot op Bethlehem sleep, waarna die diesellokomotief dit na Johannesburg terugneem.

Mike Asefovitz, Transnet-woordvoerder, sê hulle gaan ondersoek instel hoekom die betrokke takspoorlyn nie vooraf deeglik geïnspekteer is nie.

“Die spoorlyn is oorgroei en daarom onveilig om te gebruik. ’n Diesellokomotief is Sondag gestuur om die stoomtrein na Ficksburg te sleep.

“Transnet is besig met groot planne om stoomtreintoerisme in die Vrystaat te bevorder. Dit kan baie werksgeleenthede skep.”

Meer oor:  Transnet  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.