Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Toernooi op Wildeklawer groot sukses

Die tiende Wildeklawerskolerugby- en -netbaltoernooi wat Maandag in Kimberley ten einde geloop het, was ’n gepaste viering van tien jaar van skolesportontwikkeling.

So sê Louis de Kock, eienaar van die Wildeklawer-landbou-onderneming wat die toernooi aanbied.

“Ons mik nou boontoe. Daar gaan later vanjaar twee spanne gekies word met die beste rugbyspelers wat hier deelgeneem het.”

Louis de Kock, eienaar van die Wildeklawer-landbouonderneming wat die Wildeklawerskolerugby- en -netbaltoernooi aanbied. Foto: Charné Kemp

Dit sal ’n span van spelers van binnelandse skole wees wat ’n span van spelers van die kusstreke sal pak. Hulle sal in Augustus vanjaar teen mekaar speel in ’n voorwedstryd voordat twee Suid-Afrikaanse rugbyunies mekaar pak.

“Dit gee spelers nog ’n platvorm om hul talente te vertoon. Uitmuntendheid moet op hoër vlakke beloon word.

“Tot nou het ons rugby op laer vlakke bevorder, maar nou mik ons boontoe.

“Wildeklawer ontwikkel en kweek groente, net soos ons met jeugdige sportlui doen. Ontwikkeling en groei is ons besigheid.

“Die Wildeklawer-toernooi sal beslis volgende jaar weer gehou word, en ons sien daarna uit.

“Vanjaar was effe van ’n uitdaging omdat Cassie Carstens, die toernooibestuurder siek geraak het. Gelukkig was daar soveel mense wat ingespring en bereid was om groter rolle te vertolk. Cassie het steeds ’n sentrale rol gespeel omdat hy die ondervinding het.

“Die struktuur is ná tien jaar goed gevestig.

“Dit was ’n besondere dekade van skolesport. Dit het begin met ’n groep skole wat teen mekaar wou speel. Die maatskappy wou graag ’n bydrae lewer tot rugbyontwikkeling.

“Ons wil nie net ’n toernooi borg nie, ons wil dit aanbied. “Saru is geraadpleeg oor hoe die behoefte vervul moet word. Die toernooi word jaarliks volgens behoeftes aangepas. Die toernooi is ’n trap van skolesport tot professionele rugby.

“Daarom is die o.13-, junior en die ontwikkelingsliga later saam met die senior liga ontwikkel,” sê De Kock.

Meer oor:  Kimberley  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.