Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Toeval laat pa in hospitaal beland dag ná seun se dood

’n Dag nadat sy seun in ’n fratsongeluk dood is, is ’n Bloemfonteinse pa inderhaas in ’n hospitaal opgeneem nadat hy van skok ’n toeval gekry het toe hy oudergewoonte sy seun wou gaan wakker maak vir skool.

Gordon Loeto (45), se jongste seun, Oregelele (17), is Dinsdag in ’n duikweg dood toe die remdrom van ’n Toyota-bakkie afgeskiet en hom vermoedelik teen die kop getref het.

Oregelele LoetoFoto: Verskaf

Oregelele, ’n gr. 10-leerling van die Calculus College in Bloemfontein, is op die toneel dood, en die remdrom het enkele meter van sy lyk af gelê.

Gordon is Woensdag in die Life-Rosepark-hospitaal behandel nadat hy ’n toeval by hul huis in Grasland gehad het.

“Die werklikheid het Woensdagoggend ingesink toe ek my seun gaan wakker maak vir skool en hy nie in sy bed is nie. Ek het besef hy gaan nooit weer terugkom nie. Ek kon dit nie hanteer nie. Dit was op daardie oomblik te veel,” sê ’n hartseer Gordon.

Hy sê hy was tuis toe hy Dinsdagmiddag die tyding oor sy seun se dood gekry het.

“Ek kon dit nie glo nie. Ek het gehuil en gevra hoekom dit met my gebeur.

“Ek was nie hierop voorbereid nie. Ek het nie gedink dit sou Dinsdagoggend die laaste keer wees dat ek hom sien nie.”

Hy het Oregelele as ’n gehoorsame kind beskryf.

Gordon sê sy vrou, Kehilwe, hanteer hul seun se dood baie moeilik. “Sy kan dit nie glo nie en weier om te aanvaar dat hy dood is.”

Benewens sy ouers, word Oregelele deur ’n ouer broer, Mogomotsi (24), oorleef.

Die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.