Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Toks se vrou op vlug geklap

’n Luidrugtige passasier word deur ’n klag van aanranding in die gesig gestaar nadat hy die vrou van die oud-Bok Toks van der Linde op ’n vlug van Johannesburg na Kaapstad geklap het.

Carol en Toks van der Linde. Foto: Facebook

Die Mango-vlug JE709 was verlede Saterdagmiddag van Lanseria na Kaapstad op pad toe die man vir Carol van der Linde geklap het nadat sy ’n onderonsie tussen hom en ’n lugwaardin op haar selfoonvideo vasgelê het. Op die video kan ’n mens sien hoe die selfoon uit haar hand spat ná die klap.

Die kaptein van die vliegtuig het daarna omgedraai om die aanrander af te laai en aan die polisie te oorhandig.

Rapport kon nie die identiteit van die man bevestig nie.

Die hele petalje, waarin die man onder meer vir Van der Linde ’n “horrible bitch” noem, is op ’n video vasgelê wat sy hierdie week op haar Facebook-blad gedeel het.

Polisie ondersoek ’n klag.

Uit haar inskrywing lei mens af dat sy in die ry by die nooduitgang gesit het. ’n Man en ’n vrou het, nadat die lugwaardin reeds die veiligheidsprosedures verduidelik het, van hul sitplekke elders in die vliegtuig na die leë sitplekke langs haar verskuif. Die lugwaardin het die man toe gevra om na sy oorspronklike sitplek terug te keer omdat die vliegtuig gereedmaak om op te styg en noodprosedures vir passasiers wat by die nooduitgang sit reeds verduidelik is.

Die man het toe met die lugwaardin begin redekawel en Van der Linde het die petalje met haar selfoon begin afneem. Op haar video kan jy sien hoe die lugwaardin kalm vir hom probeer verduidelik dat hy sal moet terugskuif. Die man, wat self besig is om sy gesprek met die lugwaardin te verfilm, voer egter aan dat die vliegtuig “reeds aan die beweeg is” en dat hy daarom nie na sy eerste sitplek kan teruggaan nie. Halfpad deur die onderonsie staan sy metgesel op en maak haar uit die voete. Die passasiers rondom hulle raak ook ongeduldig en begin op die man skreeu om te doen wat die lugwaardin sê.

Die man draai dan na Van der Linde, sien dat sy besig is om hom te verfilm en sê: “You can take my picture you horrible bitch, okay?” voordat hy haar met die linkerhand deur die gesig klap.

Die man het na Carol gekyk, sy selfoon na haar gedraai en gesê: “Jy kan my foto neem, jou aaklige teef!”. Toe volg die klap.

Haar man, Toks, op sy dag ’n Springbok-stut en deesdae TV-aanbieder en kommentator, het ook op sy Twitter-rekening van die voorval melding gemaak. “#buddy you better run# waarsku Toks en voeg by dat hulle ’n klag teen die man ingedien het. Toks het Vrydag aan Rapport gesê hy wil nie nou praat nie omdat die saak “sensitief” is.

Sergio dos Santos, ’n Mango-woordvoerder, het die voorval bevestig. Hy het gesê vlugbemanning het die korrekte prosedure gevolg deur die man te vra om te skuif en uiteindelik van die vlug te sit. “Die saak word nou ondersoek en ons werk saam met die owerhede.”

Kol. Brenda Muridili, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n saak van aanranding is in Kaapstad deur Carol van der Linde ingedien en dit is vir ondersoek na die Diepsloot-polisiekantoor in Gauteng oorgeplaas. Sy sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.