Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Toks toets positief op vakansie in Maledive

Die oud-Springbokrugbyspeler Toks van der Linde is positief vir die koronavirus getoets terwyl hy met vakansie in die Maledive is.

“Dit is Sondagoggend in Baros, Maledive. ’n Vakansie wat ’n sprokie was, het nou interessant geraak,” het Van der Linde Sondag op Facebook gesê.

“Ek is Covid-positief. Bid asseblief vir ons. Hierdie virus is nie ’n grap nie – glo my.”

Toks van der Linde en sy vrou, Carol, ’n paar dae gelede in die Maledive. Foto: Instagram/Toks van der Linde

Sy vrou, Carol, het die plasing gedeel en daarby geskryf: “Word gou gesond, Liefie, sodat ons na ons geliefdes kan teruggaan. Jy is sterk en sal dit oorkom.”

Van der Linde het op 4 Junie ’n foto op Instagram geplaas van hom en Carol saam met twee ander mense in ’n vliegtuig.

“Op pad Maledive toe,” het hy daarby geskryf.

Pogings om hom Sondagmiddag vir kommentaar te bereik was onsuksesvol.

Die oud-Springbok Breyton Paulse het by navraag op WhatsApp gesê sy simptome is matig.

Intussen is nog personeel by RSG positief vir die virus getoets.

Vroeër is berig dat die omroeper Amore Bekker verlede week positief getoets is.

Louise Jooste, die radiostasie se nuwe sakebestuurder, het ook die virussiekte.

Louise Jooste Foto: RSG

“Ek en my hele gesin is positief getoets. Ek en my man is nog siek, maar my seuns is beter. Ek werk maar agter die skerms aan slegs die dringendste dinge die afgelope week en probeer soveel moontlik rus en medisyne neem om beter te word,” sê Jooste.

Ettienne Ludick, wat Maandagaande die program inTune aanbied, is sowat ’n week gelede ook positief getoets. Hy bied ook Maandae en Dinsdae die sportprogramme aan.

Ettienne Ludick

Sy vrou, Martie, het ook die siekte opgedoen.

Ludick is ook by SuperSport betrokke as aanbieder van SuperSport Blitz en What a Weekend.

SuperSport toets sy personeel weekliks en Ludick sê hy het aanvanklik geen simptome gehad met die laaste ronde toetse toe sy uitslae positief teruggekom het nie.

Hy het eers Donderdag ligte sinus-simptome getoon, maar dit het al byna opgeklaar.

Ludick is dankbaar dat die siekte nie hom of sy vrou heeltemal platgetrek het nie. Hulle is nog tot Woensdag toe by hul huis aan die Wes-Rand in isolasie.

Hy bied inTune en die sportprogramme van die huis af aan, dus was dit nie nodig dat iemand vir hom instaan of dat die programme uitgestel word nie.

Meer oor:  Toks Van Der Linde  |  Covid-19  |  Rsg-Omroeper  |  Koronavirus  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.