Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tolhuis kry nuwe watertenk ná diefstal van vorige

Die geskiedkundige tolhuis in die Montagupas buite George het weer ’n watertenk nadat diewe einde Augustus ’n splinternuwe 5 000-liter-watertenk daar leeggetap en gesteel het.

Die nuwe watertenk word by die tolhuis in die Montagupas afgelewer. Foto: Verskaf

Die nuwe watertenk wat deur Buffalo Tanks geskenk is, is onlangs afgelewer.

Die tolhuis word deur die organisasie Vriende van die Tolhuis herbou nadat die gebou op 29 Oktober verlede jaar afgebrand het toe ’n veldbrand by Herold ontstaan en in die Outeniekwaberge versprei het.

Diewe het op 31 Augustus vanjaar die vorige watertenk – wat ook deur Buffalo Tanks geskenk is – leeggemaak en toe vermoedelik op ’n bakkie gelaai en weggery.

Die voorval is by die polisie aangemeld. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens die Vriende van die Tolhuis vorder klipwerk aan die tolhuis se binnekant goed. Die tolhuis het ook reeds ’n nuwe dak.

Die tolhuis is meer as 170 jaar oud en was die woning van die tolgaarder en sy gesin. Dit is 1971 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Die Wes-Kaapse Erfenisraad het toestemming vir die restourasiewerk gegee.

Die Vriende van die Tolhuis is in 2015 deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) vereer vir sy restourasieprojek om die tolhuis vir die nageslag te bewaar.

Vir meer inligting oor Vriende van die Tolhuis en sy werksaamhede bel Gerda Stols by 083 772 8252, of besoek die Facebook-blad. 

Meer oor:  Montagupas  |  Tolhuis  |  Watertenk-Diefstal  |  Watertenk  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.