Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Toneel ‘grusaam’ waar pitbull eienaar aanval

’n Vrou van Port Elizabeth is dood nadat sy deur haar gesin se pitbull-terriër by hul huis aangeval is.

Mense met wie Netwerk24 gepraat het, het die toneel waar Belinda Jonker (64) dood is, as “grusaam” beskryf.

Jonker en haar man, Lourens (66), was Maandag omstreeks 21:30 op pad uit, toe Jonker blykbaar gesukkel het om by die motor in te kom.

Dexter, die pitbull-hond, is Maandagaand deur die Animal Anti-Cruelty League (AACL) in Port Elizabeth ingeneem. Foto: Verskaf

Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, was Lourens in die proses om haar by die motor in te help toe hul vierjarige pitbull-terriër, Dexter, Jonker aangeval het.

Ondanks sy pogings om die hond van sy vrou af te kry, kon hy die hond nie onder beheer kry nie. Hy het die bure om hulp geroep en hulle kon daarin slaag om die hond weg te kry en aan ’n boom vas te maak.

Janse van Rensburg sê Jonker het verskeie wonde opgedoen en sy is op die toneel dood verklaar.

Dexter is Maandagaand deur die Animal Anti-Cruelty League (AACL) in Port Elizabeth van die toneel verwyder.

Dexter, die pitbull wat sy eienaar Maandagaand in Port Elizabeth aangeval het, is tans in die sorg van die Animal Anti-Cruelty League (AACL) in Port Elizabeth. Foto: Verskaf

Beverly Rademeyer, inspekteur van die AACL, sê na wat verneem word, is die slagoffer ernstig vermink.

“Ons weet nie wat vooraf gebeur het of wat aanleiding tot die voorval gegee het nie.”

Dexter sal binnekort van kant gemaak word. Rademeyer sê die risiko is te groot sou iemand hom probeer rehabiliteer.

Sy sal later Dinsdag weer na die toneel terugkeer, waar ’n pitbull-terriër-teef en haar babahondjies agtergebly het.

Hoewel dié teef nie deel van die aanval was nie, sal Rademeyer haar vir ’n tyd lank monitor.

Janse van Rensburg sê ’n geregtelike doodsondersoek is geopen.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Hond  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.