Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Toneel ‘ongelooflik traumaties’ waar peuter doodgery is

Die peuter het ’n doek en sandaaltjies aangehad toe hy Maandagmiddag doodgery is.

Net dit, want hy het gespeel in die sand op ’n kleinhoewe buite Pretoria.

Dit blyk dat die swaar Ford Ranger-bakkie die 18 maande oue seuntjie van agter getref en reg bo-oor hom gery het.

Die bestuurder van die bakkie, na verneem word die kind se oom, en sy ouers het vermoedelik eers besef dat hy raakgery is toe hulle die bondeltjie in die pad sien lê.

Die lyfie, sê mense wat later op die toneel opgedaag het, was vermoedelik te klein vir die bestuurder om die impak binne-in die hoë voertuig te voel.

Rufus Engelbrecht en Nevea Maritz van die Life Support 24/7-nooddiens sê hulle is Maandagmiddag omstreeks 18:30 na die hoewe in Kameeldrift-Oos, noordoos van Pretoria, ontbied.

“Volgens die kind se 23-jarige ma het die baba buite gespeel. Sy het aan hom gesê om in te kom en sy is solank by die wooneenheid, wat die familie op die hoewe huur, in.

“Sy het die bakkie hoor aankom, uitgegaan, en die kind gesien lê. Hy was reeds dood toe ons daar aankom,” sê Maritz.

“Die ma het gehuil. Verskriklik. Die baba was haar eerste kind. Hy kruip meestal, want hy leer nog loop, het ek gehoor. Die (kind se) oom het net daar gestaan, duidelik in skok. Amper verwese. Ek kan nie die rou emosies op daardie toneel beskryf nie.

Engelbrecht sê dit blyk dat albei die kind se ouers in hul huis was en uitgekom het om die bakkiebestuurder te groet. “Dit was eers toe hulle die voertuig nader dat hulle besef het die kind is raakgery.”

Mense wat na die toneel gegaan het toe die familie alarm maak, beskryf dit as “ongelooflik traumaties”.

“Die ma het gehuil. Verskriklik. Die baba was haar eerste kind. Hy kruip meestal, want hy leer nog loop, het ek gehoor. Die (kind se) oom het net daar gestaan, duidelik in skok. Amper verwese. Ek kan nie die rou emosies op daardie toneel beskryf nie,” vertel een man.

’n Ander sê die bakkiebestuurder het tuisgekom en moes deur ’n “baie nou spasie” tussen die huis en ’n muur ry om verby die woning na die parkeerplek te gaan.

“Ek dink nie die oom het die kind gesien nie. Dis ’n baie hoë bakkie en ek dink hy het nog gekonsentreer ook om deur daardie nou deurgang te kom,” bespiegel ’n ander.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, het vroeër aan Meghan Lawrence gesê die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag.

Meer oor:  Doodry  |  Life Support 24/7
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.