Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tonge los oor man in Nazi-drag in Bloem se Wimpy
Die foto van die man met die swastika wat op sosiale media gedeel is.Foto: Twitter

’n Bloemfonteiner wat Saterdag in sy Duitse weermag-uniform uit die Tweede Wêreldoorlog en swastika-armband in die Wimpy in Fleurdal gaan eet het, het behoorlik die tonge los op sosiale media.

Dit was vermoedelik kort nadat hy die nabootsing van Operasie Bagration op die plaas Leeuwberg bygewoon het.

En dié voorval het Operasie Bagration ’n effense suur nasmakie gegee. Sondag, ’n dag ná die nabootsing van die slag uit die Tweede Wêreldoorlog, het ’n video van die man met die swastika-armband wat in die Wimpy in Bloemfontein eet, werklik op Twitter begin opslae maak.

@kanyamofokeng het Saterdag ’n video op Twitter geplaas van ’n man wat met ’n swastika-armband sy kos in die Wimpy in Fleurdal Mall eet. Sy het dit opgevolg met ’n tweede video van ’n swastika-vlag wat aan die buitewyke van Bloemfontein wapper.

Vermoedelik was dit op adv. Colin Steyn en sy vrou, Jackie, se historiese plaas Leeuwberg, waar die Slag van Operasie Bagratio as deel van hul jaarlikse veldslag-herdenkings nageboots is.

Kenners sê hoewel die teken ook gebruik word in sekere Oosterse gelowe, was dit die nasionale simbool van Nazi-Duitsland en dit is vandag steeds gewild by baie neo-Nazi-groepe.

@kanyamofokeng het Saterdag op Twitter gesê: “Dit was vandag by @wimpy_SA Fleurdal Mall in Bloemfontein. #Nazi #SwartzSticker.”

“Ook vandag, aan die buitewyke van Bloemfontein. Lyk na ’n samekoms van iets.”

Iemand wat geskryf het sy is Zindzi Mandela het getwiet: “Die feit dat Wimpy hom toegelaat het, sê vir jou alles van die omgewing. Dit behoort aandag te kry.”

  • Wimpy het gereageer deur te sê: “Ons is bewus gemaak van die video wat wys hoe ’n klant met Nazi-simbole op sy klere in een van ons Bloemfonteinse restaurants eet. Ons beskou die kwessie in ’n ernstige lig en stel ondersoek in. Dit lyk asof die persoon aan ''Operasie Barbarossa'' van die Tweede Wêreldoorlog deelgeneem het. Ons stel vas waaroor die geleentheid gegaan het en stel ondersoek in.”
  • Die Steyns kon nie vir kommentaar bereik word nie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.