Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tony Leon: ‘Die Grondwet beskerm Afrikaans’
Tony Leon, voormalige leier van die DA, praat Woensdag by Solidariteit se kongres in Muldersdrift. Foto: Reint Dykema

As Afrikaans by ’n universiteit in ’n oorwegend Afrikaanssprekende provinsie verdwyn, is dit net ’n kwessie van tyd voordat dit nasionaal verdwyn, het Tony Leon Woensdag gesê.

Die voormalige DA-leier was ’n spreker by Solidariteit se kongres in Muldersdrift.

Hy het verduidelik dít is hoekom hy ’n petisie van prof. Hermann Giliomee onderteken het wat vra dat Engels en Afrikaans albei as onderrigtale by die Universiteit Stellenbosch behou word.

Hy sê Afrikaans word in die Grondwet as ’n amptelike taal aangedui.

“Ek glo wanneer Afrikaans effektief uit ’n nasionale instelling in ’n provinsie (die Wes-Kaap) verdwyn wat oorweldigend Afrikaans is, sal dit gou genoeg van die nasionale landskap verdwyn en net op gemeenskapsvlak bestaan,” het Leon gesê.

Hy het Solidariteit geloof omdat hy deur sy #OnsBou-veldtog, wat Woensdag bekend gestel is, self aan iets bou en nie net “slagoffers” van omstandighede is nie.

Volgens Leon veg Solidariteit juis meestal vir die regte van minderhede: “(Juis daarom) is dit die moeite werd om te onthou dat die Grondwet ’n skikking was,” het Leon gesê. “Daar was twee dele aan die skikking: Regte vir die meerderheid, maar ook die allernoodsaaklike beskerming van minderheidsbelange.”

As die politieke boelies te voorskyn kom, is ons geneig om bloot terug te staan.
Dirk Hermann

Hy het gesê hy het die regte in die Grondwet uitgelig (die reg op vrye assosiasie, die reg op billike arbeidspraktyke, die reg op akademiese vryheid by universiteite, die reg op taal en die reg op vryheid van geloof en kultuur) omdat mense dikwels gekap word as hulle bloot hul grondwetlike regte uitoefen.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het met die bekendstelling van die veldtog gesê Afrikaners (“ons mense”) het hul grondwetlike selfvertroue verloor en dat mense nie van hul regte moet afstand doen as gevolg van politieke boelies, soos Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, nie.

“As die politieke boelies te voorskyn kom, is ons geneig om bloot terug te staan.”

Hermann sê die Grondwet is bloot ’n stuk papier as ’n mens nie jou regte opeis nie.

Leon het in sy toespraak benadruk dat alles nie sleg gaan in Suid-Afrika nie. Hy meen Suid-Afrikaners is veerkragtig, die private sektor word hoog geag in die buiteland, Suid-Afrikaanse maatskappye word internasionale maatskappye, die opposisie groei en onafhanklike instellings bestaan nog.

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Tony Leon  |  Hermann Giliomee  |  Dirk Hermann  |  Solidariteit  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.