Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Tornado’ laat Bethulie-inwoners kopkrap

Die tornado-verskynsel wat Maandag buite Bethulie in die Vrystaat te sien was. Foto: Verskaf
Suid-Vrystaters krap kop oor dié verskynsel wat Maandag buite Bethulie voorgekom het. Foto: Verskaf
’n Debat oor of dié ’n tornado is of nie, is Maandag op Facebook ontlok nadat Ferdi Labuschagne dit Maandag buite Bethulie afgeneem het. Foto: Verskaf

Ferdi Labuschagne (26), ’n derdejaarstudent in sielkundige berading aan Unisa, het om 14:40 ’n “tornado” ver buite die dorp wat sowat 15 minute lank sigbaar was op kamera vasgelê.

“Die wind was in daardie stadium nie so erg nie, maar dit was yskoud,” sê hy.

“Maar toe die tornado verby is, het dit begin hael en erg reën en die wind het toe erg begin opsteek.”

Hy het die foto’s van dié verskynsel op Facebook gedeel en talle mense het saamgestem dat dit ’n tornado is.

Tog was daar mense wat gesê het dat dit eerder ’n tregterwolk is omdat dit nie die grond raak nie.

“Daar het later weer iets soortgelyks verskyn en ander mense in die dorp sê hulle het altesaam drie sulkes gesien,” sê Ferdi.

Die verskynsel het egter nie skade in die dorp veroorsaak nie.

“Al skade was ’n bietjie windskade waar mense besig is om te bou.”

Die foto’s is aan die Bloemfonteinse weerkantoor gestuur om die verskynsel te identifiseer.

Elani Claassen, weervoorspeller, sê egter dat hulle in dié stadium nie kan bevestig of dit wel ’n tornado was nie, maar hulle is besig om dit te ondersoek.

Meer oor:  Bethulie  |  Tornado  |  Wind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.