Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tornado saai chaos op plaas in Vrystaat

’n Tornado het ’n stoor se dak afgewaai en ’n gebou platgevee op ’n plaas in Excelsior in die Vrystaat.

’n Groot sleepwa is ook omgewaai.

Die voorval het Vrydag tussen 13:00 en 13:30 gebeur op die plaas Weltevrede, van Timo en Hermina Nel en hul seun, Fanie (33), wat saam met hulle boer.

Timo sê hy en sy vrou was nie op die plaas ten tyde van die voorval nie, maar by ’n troue in Bloemfontein.

Die stoor wat deur ’n tornado op die plaas Weltevrede in Excelsior in die Vrystaat beskadig is.

Fanie was in die omgewing, maar het nie gesien hoe alles gebeur nie. “Ek was op pad plaas toe en het alles só daar aangetref,” sê hy.

Volgens hom dink hulle dit was ’n tornado. “Hy het sulke strepe geloop en die een deel van die werf stukkend gewaai.”

Die skade van naderby gesien.

’n Werker wat gedurende die storm op die werf was, het in ’n stoor gaan wegkruip. Hy sê alles was “swart”.

Fanie sê niemand kon enigiets sien nie. “Dit het effens gehael, met wind. Alles het so binne 10 minute gebeur, as dit so lank was. En toe is dit verby.”

Volgens hom het die ander geboue, insluitende nog store, die werkers se huise en die woonhuis, geen skade opgedoen nie. Geen mense of diere is beseer nie.

“Die stoor is ’n staalstruktuur wat op blokke staan. Die blokke is ook heeltemal uitgeruk,” sê hy.

Alles was “swart”, volgens ’n werker wat op die plaas was ten tyde van die tornado.

Hermina sê hulle is dankbaar vir almal se belangstelling. “Die mense is amazing. Almal bel en vra of hulle kan help. Wat gebeur het, is skrikwekkend, want sulke goed – tornado’s – kry ons mos nie hier nie. Ons is net dankbaar niemand het seergekry en dat die huise niks oorgekom het nie.”

Volgens haar ly die werker wat op die werf was aan skok, maar hy is verder ongedeerd.

* Vier tornado’s het KwaZulu-Natal in November getref. Van die tornado’s het gepaardgegaan met erge donderstorms, weerlig, sterk wind en swaar reën.

Die verwoestingswerk van ’n tornado op die plaas Weltevrede in Excelsior in die Vrystaat.

Meer oor:  Tornado
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.