Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Totius-beeld nou tuis in GKSA se sinodesaal
Prof. Fika Janse van Rensburg (regs), rektor van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, en Giel Erasmus, voorsitter van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) se administratiewe buro, Woensdag met die oorhandiging van die Totius-standbeeld aan die GKSA. Foto: Vincent Eastes
Die standbeeld van Totius staan nou in die voorportaal van die sinodesaal van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in Potchefstroom. Foto: Vincent Eastes

Die Bybelvertaler en digter Totius kan nou rus. Sy standbeeld staan nou in die voorportaal van die van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) nadat dit van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus verwyder is omdat oproerige studente die beeld wou vernietig.

Die drukgroep ReformPUK wou tydens die oproer in Oktober 2015 laat wegdoen daarmee omdat Totius ’n voorstander van rasseskeiding was.

Rassespanning het op die kampus gedreig terwyl wit studente ’n laer om die standbeeld gevorm het om dit teen die oproeriges te beskerm. Dié studente het dit ook ná die oproer beskerm, onder meer tydens nagwake.

Die GKSA en Totius (Jan Daniël du Toit) se familie het daarná gevra dat die standbeeld verskuif word. Dit is in Desember 2015 verwyder, skoongemaak en gerestoureer, en behoort nou aan die GKSA.

Prof. Fika Janse van Rensburg, rektor van die NWU se Potchefstroomkampus, het die standbeeld, ’n skepping deur Jo Roos, Woensdag formeel aan die GKSA oorhandig.

“Totius het in 1905 ’n sleutelrol gespeel in die verskuiwing van die teologiese skool van Burgersdorp na Potchefstroom, waar die PUK in 1919 as selfstandige inrigting uit die teologiese skool ontstaan het,” het hy op die oorhandiging gesê.

Die kerkhistorikus Francois Muller skryf in ’n artikel oor

Oproerige studente in Oktober 2015 nadat hulle die standbeeld bestorm en wit studente ’n laer gevorm het om dit te beskerm.Foto: Susan Cilliers
Dié studente het die standbeeld beskerm teen oproerige studente wat dit wou vernietig. Foto: Susan Cilliers

Totius die NWU sou waarskynlik nie vandag bestaan het, was dit nie vir hom nie. Hy het as jong teoloog groot bedrae geld van gemeentes ingesamel vir die verskuiwing van die teologiese skool na Potchefstroom.

Prof. Rikus Fick, ook ’n kerkhistorikus, het vroeër gesê Totius het hom wel by geleentheid in die 1920’s by standpunte vir rasseskeiding geskaar, nog voordat die konsep apartheid bestaan het.

“Dit was egter nie sy nalatenskap nie. Hy het nie tyd gehad vir politiek nie. Die hoofmomente waaraan hy sy lewe gewy het, was om klas te gee, die Psalms te berym en die Bybel in Afrikaans te vertaal.”

Hy was ook professor in teologie, rektor van die teologiese skool en eerste kanselier van die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO).

Die standbeeld is in 1977 by die Wasgoedspruit onthul, waar dit tot 2009 gestaan het, waarná dit verskuif is na die hoofgebou van die NWU om deel te vorm van die skrywerstuin.

Meer oor:  Nwu  |  Potchefstroom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.