Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Touwsrivier wys die pad: Bruin en wit kerk word een

Ds. Andrew Esterhuizen het drie jaar gelede kerkgeskiedenis gemaak toe hy die eerste bruin predikant van die Verenigende Gereformeerde Kerk van Suider-Afrika (VGKSA) was wat as ’n predikant by die NG Kerk (NGK) aangestel is by die Touwsrivier-gemeente.

Ds. Andrew Esterhuizen Foto: Conette le Roux / KERKBODE

Nou het dié gemeente amptelik saamgesmelt met die VGKSA-gemeente op die dorp. “Dit is vir ons ’n groot mylpaal. Die proses is ná drie jaar van saamloop en vertroue in die Here voltooi,” sê Esterhuizen.

Hy vertel hy het in 2017 reggemaak vir aftrede as ’n predikant van die VGKSA toe die NG gemeente op die dorp hom beroep het. Sy opdrag was om predikant vir die wit gemeente te wees en om ’n multikulturele gemeente saam met die bruin gemeente te begin. Die wit gemeente het hom met liefde ontvang, sê hy. Maar sy tweede opdrag, om verhoudings met die VGKSA te bou, was uitdagend.

Veral aan die begin was daar heelwat weerstand.

Die twee gemeentes se kerkrade het in November 2017 ontmoet. “Daar was spanning aan albei kante en verhoudings was nie baie goed nie weens die land se geskiedenis. Baie mense het nog nie die 1857-besluit aanvaar dat aparte Nagmaal vir bruin en wit bedien word nie.”

Hy sê die spanning is vererger omdat die voorsitter van die NG kerk se kerkraad toe die fluitjie geblaas het oor ’n bruin pastoor wat ’n piramideskema op die dorp bedryf het.

Van die VGKSA se kerkraadslede het as agente vir die pastoor opgetree en hulle het geld verloor toe die piramideskema ontbloot is.

“Mense se houdings het verander toe ons vir hulle sê ons wil niks vat nie, dat ons self niks het nie en dat ons nie sonder hulle kan klaarkom nie. Hulle het vir ons gesê hulle voel seer oor die verlede.”

Esterhuizen sê hulle het besef die wantroue moet afgebreek word. Die kerkrade het ’n kerkkamp gehou, waar ’n versoeningsproses begin is.

Hy sê die fokus is steeds om verhoudings te bou en wisselwerking te bewerkstellig, soos om gesamentlike dienste te hou.

Hulle het nog glad nie gepraat oor die toekoms van die twee kerkgeboue wat ongeveer 2 km van mekaar af staan nie.

Meer oor:  Ng Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.