Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Trane van verligting ná tiener veilig gevind is
Cindy Groenewald is Vrydag in Bethlehem gevind.

Die tienermeisie van Bethlehem in die Vrystaat wat sowat ’n week vermis was nadat sy weggeloop het, is Vrydag veilig gevind.

Cindy Groenewald (16) is Vrydag in Bethlehem deur die Pink Ladies gevind, het haar ma, Louise Robbertse, gesê.

Volgens Robbertse, wat by die slagpale in Deneysville werk, is sy baie bly en verlig haar dogter, wat in ’n kinderhuis in Bethlehem bly, is veilig.

“Ek het al met haar gepraat en het so gehuil. Sy het gedink ek is kwaad vir haar, maar ek is nie. Ek kan nie kwaad wees vir my dogter nie.

“Ek het die laaste ses dae so gehuil. Ek kan nie vertel hoe verlig ek is dat sy veilig is nie. Ek het haar gevra om nie weer weg te loop nie,” sê ’n verligte Robbertse.

Volgens haar het haar dogter gesê sy wil nie in die kinderhuis wees nie.

“Ek het vir haar gesê om my ’n kans te gee. Sy weet ek kan haar help.”

Robbertse sê sy weet nog nie presies waar Cindy die heeltyd in Bethlehem was nie. Sy gaan eers dié week haar dogter sien.

Die vermoede was dat sy in Vereeniging was nadat sy (Cindy) haar gebel en gesê het sy is daar.

Meer oor:  Vereeniging  |  Deneysville  |  Bethlehem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.