Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Transnet luister oplaas na gesmeek

Ná ’n lang gesmeek het Transnet se pensioenfonds voorlopig ingestem om vir sy sukkelende pensioenarisse ’n bonus van 15% op hul jaarlikse pensioen te gee.

Dit volg nadat die pensioenfonds in Maart nog volstrek geweier het om dit te doen.

Die voorgestelde bonus moet in Augustus deur Transnet se tussentydse direksie goedgekeur word, maar die fonds se raad van trustees het reeds hul goedkeuring gegee.

“Ons het lank gesmeek vir ’n bonus, maar toe ons dit weer verlede maand voorstel, aanvaar hulle dit skielik,” sê Clair Fichardt, wat die pensioentrekkers op die fonds se raad van trustees verteenwoordig.

Intussen blyk dit die pensioenfonds se raad van trustees is sonder ’n voorsitter, nadat drie omstrede voorsitters die afgelope jaar die trekpas gegee is of bedank het.

Fichardt sê hoewel die bonus ’n positiewe verwikkeling is, is dit ’n druppel aan die emmer vir pensioenarisse wat gemiddeld R2 600 ’n maand kry. Pensioenarisse kry sedert die jaar 2000 ’n jaarlikse verhoging van 2%.

Transnet eis boonop miljoene rande van Regiments Capital, wat glo pensioentrekkers se geld onregmatig aan Gupta-verwante maatskappye oorbetaal het, toe dié nog die fonds se geldsake bestuur het.

Nadat dit in Oktober aan die lig gekom het, het Stanley Shane, destydse voorsitter van die fonds se raad van trustees, bedank.

Hy word daarvan beskuldig dat hy tenders van miljoene rande na Trillian gefasiliteer het terwyl hy voorsitter van Transnet se verkrygingskomitee was.

Brett Stagman het by hom oorgeneem. Hy het ’n stokkie daarvoor gesteek dat pensioentrekkers verlede jaar bonusse van R75 000 elk ontvang.

Stagman is vroeër vanjaar met Seth Radebe vervang, maar minister Pravin Gordhan het Radebe in Mei die trekpas gegee weens die beweerde toesmeerdery van bedrog by Transnet.

Adv. Anton Alberts van die VF Plus sê hulle gaan druk plaas op Transnet vir ’n vervroegde sitting van die direksie, sodat die bonus vroeër aan pensioentrekkers uitbetaal kan word.

Meer oor:  Transnet  |  Regiments Capital  |  Pensioentrekkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.