Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
20 lig beseer toe trein in Bellville-stasie ontspoor

'n Trein op die noordelike lyn uit die Kaapstadse middestad het in Bellville se stasie ontspoor. Minstens 20 passasiers is vir ligte beserings behandel.

MetroRail het die voorval op Twitter bevestig en gesê pendelaars moet hulle op erge vertragings voorberei aangesien van die treine op hierdie lyn tydelik opgeskort is. Van die treine word egter op ander lyne aangewend. 

Volgens Riana Scott, MetroRail-woordvoerder, het drie treinwaens aan Kuilsrivier se kant in Bellville se stasie oorkant platform 11 ontspoor. 

"Die twee passasierswaens en enjin het Donderdag omstreeks 06:08 ontspoor," het sy gesê.

Scott het gesê treine wat na Wellington en Kraaifontein gaan, word deur Monta Vista herlei, terwyl die Lavistown-lyn tydelik opgeskort is. Sy het gesê pendelaars kan verwag dat hul treine met minstens 'n uur vertraag sal wees.

Lede van MetroRail, die polisie en die nooddienste is op die ongelukstoneel om die passasiers te help.

Scott het gesê dit sal ure neem om die ontspoorde trein te verwyder. Die omvang van die skade is nog nie vasgestel nie.

Meer oor:  Riana Scott  |  Kaapstad  |  Bellville  |  Metrofail  |  Treine  |  Metrorail  |  Ontspoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.