Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Trein tref BMW, vrou lig beseer

’n Jong vrou van Bethlehem in die Vrystaat het verskeie ligte beserings opgedoen toe haar sportnutsvoertuig Dinsdagoggend deur ’n trein getref is.

Noodwerkers en werkers van Transnet Dinsdagoggend op die toneel in Bethlehem waar ’n trein teen ’n voertuig gebots het.Foto: Martinette Hay

Angelinah Montso (27), van Bergsig, Bethlehem, wou die treinspoor by die Atbara- en Mullerstraat-kruising in haar BMW oorsteek toe die ongeluk gebeur het.

Sy het ’n paar snywonde en ligte weefselbeserings opgedoen en is ná behandeling in die Mediclinic Hoogland in Bethlehem ontslaan.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel het die voertuig teen die trein se neus gestaan. Montso was reeds buite haar voertuig en is op die toneel behandel voordat sy na die hospitaal vervoer is.

Konst. Puleng Lebakeng, polisiewoordvoerder, sê volgens ooggetuies het Montso, wat in die rigting van die Môrelig-woonbuurt gery het, versnel om oor die treinspoor te ry, maar haar voertuig het gestop en is deur die trein getref.

Karien Collett, woordvoerder van Mediclinic Hoogland, sê Montso en die familie is ongelooflik dankbaar dat sy lewe en wil ander padgebruikers waarsku om oplettender en versigtig te wees.”

Werkers van Transnet is Dinsdag op die ongelukstoneel in Bethlehem besig waar ’n trein teen ’n jong vrou se sportnutsvoertuig gebots het.

’n Klag van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.

Brig. Shembe Elias Vilakazi, bevelvoerder van die Bethlehem-polisiëringsgebied, sê motoriste moet versigtig wees wanneer hulle treinspore oorsteek en hulle moet aan padtekens gehoor gee.

Meer oor:  Trein  |  Bmw  |  Bethlehem  |  Treinongeluk  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.