Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Trein van Kim Jong-oen glo gesien

Te midde van bespiegeling dat die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-oen (36) dood is, is ’n spesiale trein wat moontlik aan hom behoort vandeesweek op ’n dorpie in dié land gesien.

Kim Jong-Oen, Noord-Koreaanse leier.Foto: Argief

Die trein was op satellietbeelde sigbaar aan lede van ’n Noord-Korea-moniteringsprojek in Washington.

Die moniteringsprojek, 38 North, het Saterdag in ’n verslag gesê dat die trein verlede Dinsdag en Donderdag by die “leierskorps” in Wonsan geparkeer was. Dié stasie is gereserveer vir die gebruik van die Kim-familie.

Hoewel die verslag aandui dat dit waarskynlik die trein van Kim is, kon daar nie onafhanklik bevestig word of hy wel in Wonsan was nie.

“Die teenwoordigheid van die trein bewys nie waar die Noord-Koreaanse leier was nie, en dui ook nie op iets oor sy gesondheid nie – maar ondersteun gerugte dat hy in ’n elite-gebied aan die ooskus van die land bly.”

Bespiegelinge oor Kim se gesondheid het ontstaan omdat hy nie op 15 April sy oupa Kim Il Soeng se verjaardagvieringe bygewoon het nie.

Noord-Korea se staatsmedia het laas op 11 April kommentaar gelewer oor waar Kim hom bevind.

Amptenare van Suid-Korea en China het Dinsdag gerugte in twyfel getrek dat Kim ernstig siek is ná ’n kardiovaskulêre prosedure wat glo op 12 April gedoen is. Bespiegelings oor sy gesondheid word aangeblaas deur ’n oënskynlike toename in sy gewig, dat hy baie rook en dat hy ’n familiegeskiedenis van kardiovaskulêre probleme het.

Noord-Korea se staatsmedia het laas op 11 April kommentaar gelewer oor waar Kim hom bevind toe hy die voorsitter van ’n vergadering was.

Volgens drie mense wat met die situasie vertroud is, het China ’n span na Noord-Korea gestuur, waaronder mediese kundiges.

Kim het aan bewind gekom ná die dood van sy pa in 2011, wat weens ’n hartkwaal gesterf het. Dit is nie duidelik wie Kim se opvolger kan wees nie, aangesien sy kinders nog baie jonk is.

Pres. Donald Trump van Amerika het Donderdag die verslag oor die trein in twyfel getrek. “Ek dink die verslag was verkeerd,” het Trump gesê, maar hy wou nie sê of hy in kontak met Noord-Koreaanse amptenare was nie.

Meer oor:  Donald Trump  |  Kim Jong-Oen  |  China  |  Noord-Korea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.