Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Treine: Vakbond vra veiliger omstandighede
’n Man is Vrydag by ’n trein uitgegooi by die Woodstock-treinstasie buite Kaapstad. Foto: Verskaf

Ná nog ’n voorval op een van Metrorail se treine dring die United National Transport Union (Untu) aan op veiliger werksomstandighede.

’n Pendelaar is Vrydag by die Woodstock-treinstasie in Kaapstad by ’n Metrorail-trein uitgegooi deur ’n groep oproerige pendelaars.

Dié groep se gedrag was glo deel van ’n sogenaamde “Swart Vrydag”-protes.

Die Swart Vrydag-protes het Vrydagoggend in Umlazi, KwaZulu-Natal, begin by ’n groep pendelaars wat vies was omdat ’n trein laat was.

Steve Harris, sekretaris van Untu, sê treinwaens is aan die brand gesteek.

“Ons is besig om die omvang van die skade te bepaal. Intussen is van ons lede deur Prasa-bestuurders geïntimideer om nie die besonderhede van die gebeure aan ons te gee nie.

“Asof die angswekkende werksomstandighede nie reeds genoeg is nie, word lede nou verontreg deur onbekwame werkgewers,” sê Harris.

Hy sê hulle gaan die howe nader as die regering nie met ’n plan vorendag kom nie.

Pendelaars het Vrydag Metrorail-treinwaens aan die brand gesteek en hul frustrasies oor die tekort aan treine uitgespreek. Foto: Verskaf
Brandweerdienste probeer Vrydag die brand by die Umlazi-treinstasie blus. Foto: Verskaf
Só lyk die treinstasie by Umlazi nadat pendelaars dit aan die brand gesteek het. Foto: Verskaf
Meer oor:  Prasa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.