Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Trekker ruk kar flenters, bestuurder ontkom met net 'n skrapie!
Johan BeukesFoto: Cathy de Lange
’n Pensioenaris van Clocolan in die Vrystaat het net ’n skrapie aan sy kop en ’n paar blou kolle op sy lyf nadat ’n deel van sy motor aan die bestuurder se kant Vrydagaand afgeruk is deur 'n trekker wat een of ander impliment getrek het.

Cathy de Lange, ’n motiveringspreker en voormalige omroeper, sê dit is ’n wonderwerk dat haar pa, Johan Beukes, nie ernstig beseer is nie.

De Lange sê haar pa was Vrydagaand omstreeks 19:00 op pad van Clocolan om ’n Pinksterdiens in Ficksburg by te woon toe die trekker, sonder enige weerkaatsers, sy kar tref.

“Die implement wat die trekker gesleep het, het verby die wit streep uitgesteek en in die verbygang is die agterste deel van my pa se wit Citi Golf aan die bestuurderskant afgeruk,” sê De Lange.

Sy sê hoewel mense glo wonderwerke gebeur nie meer , gebeur dit steeds, veral as jy na haar pa se motor kyk.

“Dit is ’n wonderwerk. God is groot.”

Cathy de Lange sê haar pa het Vrydagaand ongedeerd uit dié kar geklim. Foto: Cathy de Lange/Facebook

Meer oor:  Botsing  |  Trekker  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.