Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Trekker-bestuurder se lyk gevind

Die lyk van ’n trekkerbestuurder van Ventersburg in die Vrystaat, Isaac Mahana (45), is meer as drie weke nadat hy verdwyn het, gevind.

Die lyk van Isaac Mahana is Woensdag gekry. Foto: SAPD

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê Mahana het op 23 April verdwyn toe hy deur ’n drif op die plaas Concordia gery het.

Die spruit, ’n sytak van die Koolspruit, was in vloed nadat daar oor Paasnaweek meer as 200 mm in die omgewing gereën het.

Mahana, wat vir Martiens Aveling gewerk het, wou werkers aan die oorkant van die spruit gaan haal.

Aveling sê hy was nie op die plaas nie maar van die ander plaaswerkers het Mahana glo probeer ompraat omdat die water baie sterk en diep geloop het.

Mahana het deur die water probeer ry maar van die trekker afgespring toe die enjin gevrek het.

Hy is deur die water meegesleur. Aveling se trekker is meer as 50 m verder stroomaf gespoel.

Die polisie het ’n lugsoektog geloods en die honde-eenheid en polisieduikers het dae lank na Mahana gesoek.

Die watervlak het intussen begin daal en Mahana se lyk is in die veld naby die spruit gekry.

Khosana sê Mahana se familie kan nou berusting vind en hom begrawe.

Meer oor:  Martiens Aveling  |  Isaac Mahana  |  Ventersburg  |  Vermis  |  Oorstromings  |  Trekker  |  Sterf  |  Landbou  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.