Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Trekkers en werkers woel vir biddag op plaas by Bfn
Deon de Groot (voor), plaaswerkers en vrywilligers werk sedert verlede Woensdag van sonop tot sonsondergang om die terrein gereed te kry vir 22 April se biddag waar vir ’n miljoen mense voorsiening gemaak word.Foto: Ruan Bruwer

Die reuse-taak om 1 300 ha grond gereed te hê vir ’n miljoen mense, ’n verwagte 300 000 voertuie en ’n 1 000 toilette is volstoom aan die gang vir 22 April se biddag vir Suid-Afrika, gelei deur Angus Buchan.

Die bidbyeenkoms gebeur op die plaas Wildeals sowat 3 km van die N1 op die R700 (Bultfontein-pad) met vier omliggende plase weerskante van die pad wat ook vir parkering aangewend word.

Deon de Groot, ’n 27-jarige boer langs die Jagersfontein-pad, neem sedert verlede Woensdag die leisels met die organisering van die terreine.

“In totaal gaan 1 300 ha gras wat heuphoogte staan, gesny moet word. Die gras word gesny, gehark, gebaal en na ’n punt vervoer. Daarvoor gebruik ons trekkers, diesel en hooimaaktoerusting (snyers, harke en balers),” het De Groot gesê.

Volgens hom het daar in die eerste week reeds groot wonderwerke gebeur.

“Boere kom hier ingery en bied lukraak hulp aan sonder dat hulle gevra is. Hulle stel hul trekkers en plaaswerkers gratis beskikbaar.

“Ons verbruik so tussen 2 000 en 2 500 lF diesel ’n dag, dis sowat R30 000. Ek was nou een dag bekommerd ons gaan uit diesel uithardloop, maar binne ure is 1 600 F se skenking hier aangery. Ek bly glo daar sal voorsien word.

“Die een boer het selfs sewe trekkers en soveel werkers, ’n toilet, waterkan en tent voorsien.

“Verlede naweek het ’n vriend wat op die grens van Botswana boer al die pad hierheen gekom om die hele Saterdag met so nege helpers draadheinings op die terrein te verwyder. Die Here maak mense se harte oop.”

Volgens De Groot is die beplanning om teen einde volgende week klaar gesny te wees.

“Dis ’n saak van geloof, want as jy die somme maak, weet ek nie hoe dit moontlik gaan wees nie. Daarna moet nog drade afgebreek, parkering uitgemerk en hekke opgesit word en toilette moet ontvang en uitgeplaas word. Elke toilet moet van toiletpapier voorsien word.

“Ons wil graag so 40 trekkers bedags gebruik om betyds te kan klaarmaak. Boere kan ongelukkig net ’n beperkte tyd hul trekkers en werkers afstaan. Indien iemand dus ’n behoefte op hul hart het om ’n trekker beskikbaar te stel kan hulle my skakel.”

De Groot kan by 082-850-5211 gebel word.

  • Vir die biddag gaan tussen 7 000 en 10 000 vrywilligers benodig word. Mense gaan van die Vrydagaand tot die Saterdagaand beskikbaar moet wees. Belangstellendes kan hul naam en kontaknommer per e-pos na william@wiliz.co.za stuur of na 082-799-2434 WhatsApp.
Meer oor:  Angus Buchan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.