Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Trotse Maimane wys sy nuwe baba
Mmusi Maimane het dié foto van sy pasgebore babadogtertjie op Instagram gedeel. Foto: Instagram

Mmusi Maimane het met die trots wat net ’n nuwe pa kan hê, op sosiale media aangekondig hy en sy vrou, Natalie, is ’n babadogtertjie ryker.

Maimane, voormalige leier van die DA en nou betrokke by die beweging One South Africa (OSA), het in ’n stempos-boodskap op Twitter gesê die gesin is dankbaar teenoor God vir dié dogtertjie. “Dit is ’n nuwe hoofstuk in ons lewens. Sy is die derde kind van ons gesin,” sê Maimane.

Hy het op Instagram ’n foto van die baba gedeel.

Haar naam is Kutlwano-Grace Ntsikelelo Maimane en sy is Saterdag om 12:05 gebore.

Die jongste klein Maimane het 3,67 kg by geboorte geweeg en sy is 52 cm lank. Op die Instagram-boodskap is geskryf sy word genoem Kutlwano-Grace Ntsikelelo Maimane omdat sy eenheid (Kutlwano) en genade (Grace) saam met haar bring. “Jou pa, ma, ouer suster en ouer broer is so lief vir jou,” lui die boodskap wat die klein baba verwelkom.

Die egpaar, wat in 2005 getroud is, het nog twee kinders, Kgosi en Kgalaletso Maimane.

Kyk na Maimane se boodskap:


Meer oor:  Mmusi Maimane  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.