Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Truman Prince sê hy is 'orraait'
Truman PrinceFoto: Nasief Manie

Truman Prince, die onderburgemeester van Beaufort-Wes, is in die hospitaal opgeneem, vermoedelik ná ’n hartaanval.

Prince het Vrydag in ’n stemboodskap aan sy kollegas gesê: “Comrades, ek is nou wel in die hospitaal, maar ek is darem nog orraait.”

Nadia Ferreira, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid in die Eden-distrik, het bevestig Prince is in die noodeenheid van die hospitaal op Beaufort-Wes opgeneem en sy toestand is stabiel.

“Daar is ’n moontlikheid dat hy na die George-hospitaal oorgeplaas kan word.”

Mcebisi Kilani, ANC-raadslid van Beaufort-Wes, sê dit is ’n “ligte aanval” en dat Prince in die hospitaal “rus”. Hy weet nie waar Prince was toe hy die aanval gekry het nie.

Kosie Haarhoff, Beaufort-Wes se munisipale bestuurder, sê hy was by die hospitaal, maar hy is nie by Prince toegelaat nie.

Prince het verder in sy stemboodskap gesê: “Ons wag net vir ’n paar toetse, maar ek is in good spirits, dankie vir die bekommernis en dankie vir die boodskappe, maar ek is orraait. Collective ons beweeg aan, moenie worry nie, baie, baie dankie.”

Meer oor:  Truman Prince  |  Politikus  |  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.