Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tuisonderrig-leerlinge besoek Voortrekker-monument
Tuisonderrig-leerlinge besoek Voortrekker-monument
Die Voortrekkermonument in Pretoria bied sedert verlede maand opvoedkundige programme aan vir laerskoolleerlinge van gr. 1 tot gr. 3 en Donderdag was dit uitstappie-tyd vir gr. 1-tuisonderrig-leerlinge. Die tema vir die gr. 1-program is “Toe en nou”. Die groepie leerlinge is deur die Pioniersentrum geneem en het meer geleer oor hoe gemeenskappe in die verlede geleef het. Volgens Lizette Jansen, opvoedkundige bestuurder van die Voortrekkermonument, is die programme só ontwikkel dat dit inskakel by die leerlinge se skoolkurrikulum. “Ons gesels lekker oor vroeë gemeenskappe, vervoer in die verlede en verskillende soorte behuising,” sê Jansen. “Ons leer ook oor gesonde en ongesonde kos, watergebruik, veilige en onveilige drinkwater, die dag se weerverslag en hoe om plekke op ’n kaart te vind.” Aktiwiteite sluit in storietyd, rigtingspeletjies, broodbak op die pioniersmanier, kunsaktiwiteit, en die kinders word geleer hoe om ’n kleios te maak. Die programme bied leerlinge die geleentheid om met hul eweknieë te sosialiseer. “Hulle het definitief daardie interaksie met ander kinders nodig,” sê Jansen. Foto: Deaan Vivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.