Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tulbagh op soek na verlore preekstoel

Die gemeenskap van Tulbagh skud sy vere reg vir ’n besonderse gedenkjaar.

Vanjaar is dit 50 jaar nadat ’n aardbewing dié dorp en omliggende gebiede getref en grootskaalse verwoesting van huise, skole, kerke en ondernemings veroorsaak het.

Die preekstoel van die ou Sendingkerk in Tulbagh waarna gesoek word. Foto: Verskaf

Dit was op die aand van 29 September 1969.

As deel van die “onthou” word ’n koffietafelboek uitgegee waaraan volstoom gewerk word. Ook gedurende daardie naweek aan die einde van September, sal daar optredes wees deur die Kaapstadse Simfonieorkes.

Die hooftema van die gedenkjaar is versoening, met verskeie gebare om versoening te demonstreer.

Een hiervan is om die ou Sendingkerk te herstel en die gemeenskap toegang daartoe te gee.

Sedert die aardbewing en die verwisseling van eienaars, is die kerk se preekstoel verwyder. Dit is waarna die museumbestuur nou soek.

Is daar iemand wat kan help om hierdie belangrike stuk van die legkaart vir die gemeenskap terug te besorg?

Geen vrae sal gevra word nie. Hulle sal maar net te dankbaar wees om die kerk vollediger te maak – dié preekstoel (God is Liefde) wat getuie was van soveel geskiedenis van die gemeenskap.

Indien iemand kan help met enige inligting wat kan lei tot die opsporing, moet hulle vir Calvin van Wijk, bestuurder by die Oudekerk Volksmuseum bel by 023 230 1041.

Meer oor:  Tulbagh  |  Aardbewing  |  Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.