Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tutu-egpaar bring hulde aan Madiba
Oudpres. Nelson Mandela saam met Leah en Desmond Tutu. Foto: Bennie Gool/Tutu-stigting

Emeritusaartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou, Leah, het hulde gebring aan oudpres. Nelson Mandela, wat Dinsdag 30 jaar gelede uit die tronk vrygelaat is.

“Nelson Mandela is 30 jaar gelede vrygelaat en het Suid-Afrika en die wêreld met sy warmte en menslikheid oorrompel,” lui ’n verklaring van die Desmond en Leah Tutu-stigting.

“Met verloop van tyd verander ons omstandighede en prioriteite, maar goeie waardes gaan nooit uit die mode nie. Ons mis hom. Liefde en seëninge,” lui die verklaring.

Zindzi Mandela het ook oor die herdenking van haar pa se vrylating getwiet.

“30 jaar gelede #Bittersoet. In die euforie van my pa se vrylating het ek besef dat hy nooit net my pa sou wees nie. Ek het hom gereeld gespot dat ek meer van hom gesien het toe hy agter tralies was: twee besoeke per maand, ’n naweek. Om saam met hom te woon was my gevangenisstraf.”

Sy sê sy het op daardie dag 30 jaar gelede haar pa se das gekies.

Die herdenking word aangebied deur die Nelson Mandela-stigting en het met ’n geselligheid by die Drakenstein-gevangenis (destyds die Victor Verster-gevangenis) begin en sal eindig met ’n toespraak deur pres. Cyril Ramaphosa by die Kaapstad-stadsaal.

Die presidensie sê in ’n verklaring dat die vrylating van Mandela ’n era van verandering in die politieke bedeling van Suid-Afrika ingelui het.

“Die herdenking poog om die bydrae wat Madiba en sy generasie in die bevryding van Suid-Afrika uit die koloniale bewind van apartheid gelewer het in die gemoed van alle Suid-Afrikaners te verfris,” lui die verklaring.

“Dit het ook ten doel om kritiese denke en nadenke te bevorder en om groter maatskaplike samehorigheid te bewerkstellig deur Suid-Afrikaners en die wêreld daaraan te herinner dat Suid-Afrika apartheid as ’n nasie oorwin het en nou enige stryd te bowe kan kom.”

Ramaphosa sal sy toespraak op die balkon van die stadsaal lewer waar Mandela sy eerste openbare toespraak ná sy vrylating gegee het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.