Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tutu gaan aktivis help veg vir genadedood
Aartsbiskop-emeritus van die Anglikaanse kerk, dr. Desmond Tutu, spreek die kerkgangers toe in die St. George-katedraal in Kaapstad.Foto’s: Foto’s: Sumaya Hisham, Desmond en Leah Tutu-stigting

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het ingestem om saam met Dignity SA te werk aan ’n projek wat beoog om genadedood wettig te maak in Suid-Afrika.

Professor Sean Davison, wat Diginity SA gestig het nadat hy sy terminaal siek ma gehelp sterf het, het Vrydag met Tutu gepraat.

“Hy (Tutu) dink nou oor hierdie saak in die konteks van sy eie lewe en dood,” het Davison aan Sunday Times gesê.

Tutu het blykbaar Vrydag, op sy 85ste verjaarsdag, gesê hy wil dit duidelik maak dat hy voorbereid is op sy dood en dat hy nie ten alle koste aan die lewe gehou wil word nie.

Hy het volgens die Sunday Times bygevoeg dat hy hoop hy sal toegelaat word om die volgende fase van sy lewe te betree op ’n manier waar hy sal kan kies hoe dit moet gebeur.

Davison se organisasie is besig om ’n konferensie, The World Federation of Right to Die Societies, in Suid-Afrika vir 2018 te reël.

Tutu het Davison ook ondersteun toe hy in 2006 in Nieu-Seeland in hegtenis geneem is nadat hy sy ma help sterf het. Sy vonnis was om vyf maande onder huisarres te bly.

Hy het vroeër vanjaar in ’n onderhoud met Netwerk24 gesê: “Ek glo daar is situasies waar mense jonger as die ouderdom van 18 ongeneeslike siektes het wat veroorsaak dat hulle ondraaglik ly. Ek dink egter dit moet ’n vereiste wees dat ouers in sulke gevalle toestemming moet gee.”

Tutu het onlangs sy standpunt oor genadedood in 'n rubriek in The Washington Post verduidelik.

Verlede jaar is genadedood gewettig in 'n hofuitspraak in Suid-Afrika, maar slegs vir diegene wat ad hoc-aansoeke by die hof kan indien, het Netwerk24 berig.

Davison se Dignity SA het Vrydag 'n R100 000 skenking gekry vir hul regskoffer. Die organisie se hofgeveg draai in die appélhof in November.

Meer oor:  Dignity Sa  |  Tutu  |  Sean Davison  |  Genadedood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.