Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tutu rus by die huis

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu is Maandag uit die hospitaal in Kaapstad ontslaan en is tuis met die dokter se opdrag dat hy moet rus.

Die Desmond & Leah Tutu Legacy Foundation het die middag bevestig dat Tutu (88) tuis is nadat hy ses dae in die hospitaal vir ’n infeksie behandel is.

Niclas Kjellstrom-Matseke, voorsitter van die stigting, het verlede week aangedui dat Tutu glo vroeg vandeesweek terug by sy familie sal wees.

Hy het toe gesê die familie wil hul innige dank uitspreek teenoor die publiek vir hul liefde en gebede.

Tutu is oor die laaste paar jaar verskeie kere vir ’n soortgelyke toestand in ’n hospitaal behandel en ontvang reeds jare lank behandeling vir prostaatkanker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.