SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Twee beseer in substasie-ontploffing

Twee elektrisiëns het Saterdag brandwonde opgedoen toe hulle aan ’n substasie in Vredehoek, Kaapstad, gewerk het en ’n ontploffing ontstaan het.

Twee mans is Saterdag in Vredehoek, Kaapstad, beseer toe hulle herstelwerk aan ’n beskadigde substasie gedoen het. Foto ter illustrasie.Foto: Cornel van Heerden

Vredehoek is een van talle buurte in die stad wat Saterdag onder kragonderbrekings deurgeloop het ná ’n storm.

Die nooddiens ER24 is om 10:42 ontbied om die twee mans te help.

Hulle het brandwonde aan hul gesigte en hande opgedoen. Een is ernstig beseer en sy kollega matig.

Albei is na die Netcare Christiaan Barnard-hospitaal geneem, het Ross Campbell, ER24-woordvoerder, Sondag bevestig.

Campbell kon egter nie bevestig of die mans vir Eskom of die Kaapstad-metro werk nie.

Vredehoek-inwoners het Saterdag op sosiale media gekla dat die krag vir so lank as 20 uur af was. Mense het glo ’n harde slag gehoor.

Charlotte Powell, woordvoerder van Kaapstad se rampbestuurdienste, het Sondag om 13:00 gesê dat die krag in Mfuleni, Woodstock, Nuweland, Mowbray, Mitchells Plain, Plumstead, Constantia en Bergvliet nog herstel moet word.

Die Kaapstad metroraad het Sondagmiddag bevestig dat sy tegnici in die voorval beseer is.


Meer oor:  Kaapstad  |  Brandwonde  |  Substasie  |  Beseer  |  Kragonderbrekings  |  Ontploffing  |  Hande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.